Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, sê Adela Mathilda Viljoen (83) en haar broer Petrus Johannes Viljoen (86) het geslaap toe hulle omstreeks 00:15 Sondagoggend deur ‘n onbekende aantal verdagtes in hul huis aangeval is.
Mophiring sê die verdagtes het die broer en suster vasgebind en hulle gewurg. Adela is oorlede. Haar broer het gesigsbeserings opgedoen.
Mophiring sê ‘n kluis met ‘n onbekende bedrag geld is gesteel. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en huisroof.
Mophiring het intussen aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ‘n moontlike verband tussen dié aanval en die aanval op ‘n boer Sondagmiddag in die Daniëlsrus-omgewing.
Maroela Media het vroeër berig dat Andre van Greunen omstreeks 15:00 Sondagmiddag op sy plaas aangeval is.
Sulke lafhartige en barbaarse optrede !
Ek stem Kobus. En so gaan dit maar net voort. Ondersoek na ondersoek na ondersoek na NIKS!