Reivilo-plaasaanval: Egpaar binnekort terug op plaas

Schalk en Lana Coetzee (Foto: Facebook)

Schalk en Lana Coetzee wat verlede maand op hul plaas buite Reivilo in Noordwes aangeval is, oorweeg dit om dié naweek eindelik terug te keer plaas toe nadat hulle die afgelope maand by familie aangesterk het.

“Hulle is op die herstelpad,” het Piet Coetzee, Schalk se broer, Maandagmiddag aan Maroela Media gesê.

Schalk (64) en Lana (63) is verlede maand deur drie aanvallers op hul plaas oorval en erg aangerand. Schalk is in die voorval met kookwater gebrand en Lana in die gesig geslaan.

Lana kon ná die aanval daarin slaag om na die buurplaas te strompel en om hulp te vra waarna sy en Schalk in ’n hospitaal in Kimberley in die Noord-Kaap opgeneem is. Daar het albei operasies ondergaan.

“Dit gaan maar op en af, maar ek dink dit sal beter gaan as hulle terug is op die plaas sodat hulle lewe kan aangaan. Ons sal mooi na hulle kyk op die plaas,” het Piet gesê.

Maroela Media het vroeër berig Thembile Cornelius Plaatjie (38) is enkele ure ná die aanval in Schweizer-Reneke in hegtenis geneem in verband met die voorval.

Volgens Piet sal Plaatjie na verwagting weer later vandeesweek in die Taung-landdroshof op aanklag van poging tot moord verskyn nadat hy aanvanklik van aanranding aangekla is.

Plaatjie bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Dit is soos dit hoort, moenie dat daar oor die boere n oorhand gekry word nie. Wees veilig met die terugkeer. EK haal my hoed af vir julle. Prys Abba Vader! Amen.

JohanR

Al wat ek kan se is dat julle is dapper mense. Sterkte voorentoe. Daar is niks taaier as ‘n boer in SA nie! Hoop Thembile Cornelius Plaatjie (38) sit tot (83)!