Reivilo-plaasaanval: Egpaar ondergaan operasies

Schalk en Lana Coetzee (Foto: Facebook)

Dit gaan onder omstandighede goed met Schalk en Lana Coetzee, die egpaar wat onlangs op hul plaas buite Reivilo in Noordwes aangeval is. Die verdagte wat kort ná die aanval in hegtenis geneem is, se borgtogaansoek is intussen uitgestel.

Piet Coetzee, Schalk se broer, het Woensdagmiddag aan Maroela Media gesê Schalk (64) het onlangs ’n operasie in ’n hospitaal in Kimberley in die Noord-Kaap ondergaan om die skade aan die senuwees in een van sy hande te herstel. Hy is intussen uit die hospitaal ontslaan.

Lana (63) het op haar beurt ’n operasie aan haar gesig ondergaan en moet Donderdag vir ’n laaste skandering gaan voordat sy na verwagting Vrydag ontslaan kan word.

“Dit gaan onder omstandighede baie goed met hulle. Dit kom en gaan maar. Hulle klink vandag baie goed, maar daar is ook maar afdae,” het Piet gesê.

Maroela Media het vroeër berig Schalk en Lana is byna twee weke gelede deur drie aanvallers op hul plaas oorval en erg aangerand. Schalk is tydens die voorval met kookwater gebrand en Lana in die gesig geslaan. Lana kon daarin slaag om na die buurplaas te strompel en om hulp te vra.

Thembile Cornelius Plaatjie (38) is enkele ure ná die aanval in Schweizer-Reneke in hegtenis geneem in verband met die voorval.

Theo Joubert, woordvoerder van die VF Plus, het gesê Plaatjie se borgtogaansoek is vanoggend in die Taung-landdroshof tot 22 Junie uitgestel.

Dit volg op die inhandiging van 5 840 handtekeninge teen die toestaan van borgtog.

Plaatjie bly in aanhouding.

Die berig is gewysig sedertdien dit die eerste keer gepubliseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanR ·

Hulle moet dat Thembile Cornelius Plaatjie (38) homself lekker was en skoonmaak, dan vir hom gesteriliseerde hospitaalhandskoene, teaterrok en masker aantrek en laat hy die operasies aanskou. Dit moet in alle plaas aanval gevalle gebeur. Laat hulle daar staan in boeie en aanskou wat hulle aangevang het!

Oujongvrou ·

Ag kom nou, en dan gaan hulle huil en jammer wees. Of hoe???

Tania Heyns ·

Dagsê Gawie, baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die verwarring. Dit is inderdaad Schalk wat gedurende die voorval beseer is. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Tania Heyns ·

Dagsê Lammert, baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die verwarring. Dit is inderdaad Schalk wat gedurende die voorval beseer is. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Tania Heyns ·

Dagsê Hoopvol, baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die verwarring. Dit is inderdaad Schalk wat gedurende die voorval beseer is. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

AmY ·

Ek wonder wat sal gebeur as só ‘n aanval en aanranding op’ n Amerikaanse plaas of ‘ranch’ moet gebeur?
Sal hulle darem die ‘guts’ hê om ook daaroor te betoog? Of gaan daai aanvalle ook byna geen media-aandag geniet nie?
Vra maar net.
Ek hoop die egpaar herstel gou.

Nico ·

Hoekom moet die Coetzee nou ten duurste betaal vir die operasies terwyl die kriminele gratis hospitaal behandeling kry, in die tronke kry hulle 5 ster behandeling op die belasting betaler se geld waarvan ‘n sekere groep mense belasting betaal.

LIEZL ·

So, kom ons roep dit uit…WIE KEN DIE NAAM VAN SCHALK EN LENA COETZEE. Kom buiteland, kom wêreld, sien julle wat hier aan die gang is???? Gelukkig en net deur genade lewe hulle. Maar wie gaan verantwoordelik wees vir hulle trauma? Wie gaan ‘own up’? Ken julle ons boere, ons mense se name wat deur geweld geraak is?

Genis ·

Die gort is gaar met die plaas moored en aanvalle… daar moet n streep getrek word… hoe kan een volk so magteloos wees… sit en wag om vermoor te word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.