Reivilo-plaasaanval: Verdagte in hof

Schalk en Lana Coetzee (Foto: Facebook)

’n Verdagte het Vrydagoggend in die Taung-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die onlangse aanval op die egpaar Schalk (64) en Lana Coetzee (63) op hul plaas buite Reivilo in dié provinsie.

Schalk en Lana is verlede naweek deur drie aanvallers op hul plaas oorval en erg aangerand. Schalk is gedurende die voorval met kookwater gebrand en Lana in die gesig geslaan. Lana kon daarin slaag om na die buurplaas te strompel en om hulp te vra.

Die egpaar sterk volgens ʼn kennis sedertdien in ’n hospitaal aan.

ʼn Foto wat van Lana versprei is, wys dat sy erge beserings in haar gesig opgedoen het en albei haar oë was toegeswel ná die aanval. Rowers het Schalk glo in die stort gesit en sy rug met kookwater gebrand.

Thembile Cornelius Plaatjie (38) is Saterdag enkele ure ná die aanval in Schweizer-Reneke in hegtenis geneem in verband met die voorval. Hy staan nou tereg op aanklagte van poging tot moord, roof en motordiefstal.

Die egpaar se verlate Nissan X-Trail. (Foto: SAPD)

Maroela Media het vroeër berig die drie verdagtes het ná die aanval met die egpaar se voertuig, ’n Nissan X-Trail, op die vlug geslaan, waarna dié voertuig enkele ure later in Schweizer-Reneke, sowat 155 km van Reivilo, opgemerk is.

Volgens brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, is die voertuig voorgekeer, maar die verdagtes het geweier om stil te hou en weggejaag. Die polisie en boere van die omgewing het die voertuig agternagesit, waarna die verdagtes die voertuig agtergelaat en te voet laat spaander het.

Volgens Mokgwabone is Plaatjie in die hardloop raakgeskiet en toe in hegtenis geneem. ’n Vermoedelik gesteelde vuurwapen en die slagoffer se selfoon is in sy besit gevind. Hy is onder polisiebewaking in ’n hospitaal opgeneem en kon intussen vanoggend in ’n hof verskyn.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Plaatjie weer op 17 Junie in die hof sal verskyn wanneer hy na verwagting aansoek om borgtog sal doen. Die polisie is nog op soek na die ander verdagtes. Plaatjie bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SomeOne ·

aansoek vir borg, mag borg nooit aan hom toegestaan word nie, tronk toe lewenslank = 25 jaar, laat hy maar oor sy sondes dink

Poplap ·

Lewenslank/25jr is nog te min. Want na paar jr kry hy vrywaaring.

Michael 1 ·

Die hoeveelste keer is dit nou dat die slagoffer wit is en die aanvaller swart en geen woord van die regering of hulle sogenaamde pres nie ,geen betoging geen plundering of besighede wat geroof word nie …hoekom?????

Poplap ·

Ek stem saam. Daar word niks op die nuus genoem van enige balnkes nie. Nie eens die minister gee sy simpatie nie.

Werner ·

Die doodskis twee wat kwalifiseer vir borg mag nie uit nie en hulle het die ou nie eers aangerand nie maar die ou mag na n week vir borg aansoek doen en dan glo die DA nog in reg en geregtigheid lagwekkend

Michael 1 ·

Want daar word openlik teen ons gediskrimineer en ons aanvaar dit so ons moet verwag dat dit gaan eskaleer.

JM ·

Poging tot moord en erge marteling van slagoffers, maar die skuim mag aansoek om borgtog doen!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.