Rekenaars uit Valke se kantoor gesteel

Valke

Argieffoto

Die Valke het bevestig daar is by hul hoofkantoor in Silverton, Pretoria, ingebreek en rekenaars gesteel.

Die inbraak is Woensdagoggend ontdek. Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media gesê die polisie is steeds besig met hul ondersoek by die kantoor, maar hy het bevestig daar is geen tekens van gedwonge toegang tot die perseel nie.

“ʼn Toegangskaart word benodig om die perseel binne te kom, daarom is die polisie steeds besig met hul ondersoek om te bepaal hoe toegang tot die perseel verkry is,” het hy verduidelik. “Die deur van die kantoor waar die rekenaars was wat gesteel is, is wel oopgebreek.”

Mulaudzi het gesê dit is nog nie duidelik presies hoeveel rekenaars gesteel is nie, maar dit lyk in dié stadium asof sewe rekenaars vermis word. Hy het gesê die inligting wat op dié rekenaars gestoor is, hou grootliks met menslike hulpbronne, personeelprofiele en finansies verband. Mulaudzi het gesê geen saakdossiere is gesteel nie.

“Die inbraak is verkeerd en onaanvaarbaar. Ons weet nie wat die skuldiges met hierdie mense se inligting wil doen nie,” het hy gesê.

Hy het gesê meer inligting sal beskikbaar gestel word sodra die polisie se ondersoek op die toneel afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eish ·

Nou ja, daar word die valke ontveer. Dit beteken dossiere kan ook op die wyse verdwyn. Skokkend!

pieter ·

HIERDIE IS N VEILIGE LAND VIR MISDADIGERS. DAN HOU DIE ANC EN DIE PRESIDENT VERGADERINGS OOR DIE PAD VOORENTOE HULLE KRY NIE EERS DIE PAD AGTERTOE NIE.

John ·

Dieselfde storie soos by die grondwethof. Daar is ‘n groter plan agter alles… inligting, beheer en afpersing…

ITman007 ·

Ek het al voorheen gese het. Instellings soos howe, die Valke, Helen Suzman Foundation, ens. moet verseker dat alle rekenaars ‘n metode van enkripsie gebruik wat dit basies onmoontlik maak om toegang tot informasie te kry. Enige belangrikke informasie moet in die eerste plek glad nie op rekenaars gestoor word nie maar eerder op ‘n “server” wat nie so maklik gesteel kan word nie en wat selfs nie op die selfde perseel is nie.

Hardeware wat gesteel word is een ding, maar as informasie gesteel word is dit nalatighied.

leon pit ·

Hul noem hul self die valke maar kom ek sê jou n ding of twee. Die sogenaamde valke het oog klappe op en dan kan hul nie eers hul eie kantore beveilig nie. Watse tipe diens lewer hulle oppervlakkig of ernstige sake. Dis om van te lag.

Mariska ·

Hoe toevallig dat hulle dieselfde aand by die lisensie kantoor en die Valke inbreek…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.