Rekeningkunde: Billike vraestel vol teorie

Argieffoto

Matrikulante het vandag rekeningkunde geskryf en was aangenaam verras deur die billike aard van dié vraestel.

Volgens die Afrikaanse Handelsvakvereniging (AHV), wat rekeningkunde-, ekonomie- en besigheidstudie-onderwysers ondersteun, het die rekeningkunde-vraestel seepglad verloop. “Ons is dankbaar vir die hoë vlak van noukeurigheid waarmee die vraestel en die antwoordboek opgestel is,” sê Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die Skoleondersteuningsentrum.

ʼn Onderwyser by ʼn vooraanstaande skool in Pretoria meen die vraestel was baie billik en meer leerders was in staat om die vraestel te voltooi. Die vraestel is gekenmerk deur uitsonderlik baie teorie en berekeninge. “Vraag 5 was ʼn uitdagende vraag en leerders moes mooi lees en ordentlik dink voor hulle dit beantwoord het!”

Die vraestel is deur leerders as maklik bestempel, veral Vraag 2 waar die afdeling oor bankversoening gevra is soos leerders daaraan gewoon was. Leerders het bygevoeg dat die vraestel makliker was as die rekordeksamen.

Volgens Dané Swart, nog ‘n leerder van ‘n skool in Pretoria, was die vraestel baie billik. “Daar was ʼn paar snaakse goed gewees, maar ek dink darem nie dit was onhanteerbaar nie. Daar was genoeg tyd vir my om rustig te skryf en ek het ʼn volle 10 minute gehad om weer deur alles te gaan.”

Edrich Engelbrecht meen hulle het genoeg tyd gehad het om die vraestel af te handel, maar daar was baie meer ontleding en vertolking as wat in vorige vraestelle. “Ek het verwag dat daar baie meer finansiële state, soos inkomste-, balans- en uitgawestate sou wees, maar die vraestel was oor die algemeen nie te sleg nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Room ·

Ja né tot die resultate uitkom, dan daar weer honderde stories…

jaco ·

daardie antwoordstel op die foto lyk soos n sogenaamde “monkey puzzle”. is skool nou so maklik?

Sarike ·

Duidelik was daar nie n monkey puzzle nie, want ek is een van die rek matrikulante wat die vraestel gedoen het. Dis hoekom ek weet.

Sarike ·

Kom dan vul jy die vraestel in as jy dink jou reaultate gaan beter wees.

Matriek eksamen ·

Nonsens die vraestel het uit 300 punte bestaan teen slegs 3 ure … jy moes formules soos belasting UITWERK en SLEGS DAN kon jy n antwoord gee… vra daai einste mense wat se dis billik om iemand te kry om daardie einste vraestel te skryf en KYK OF HULLE KAN KLAAR KRY … julle gee die verkeerde inligting aan die publiek … super patetiese vraestel – laaste 80 vrae kon nie beantwoord word nie aangesien ek nie n robot is nie en glad nie genoeg tyd gehad het nie … vra die kinders wat die vraestel geskryf het en nie die sogenaamde ‘geleerdes’ nie

bella ·

ek stem saam, ek kon ook nie klaar kry nie, en ek is beslis nie dom nie maar dit was patetiese vraestel

Mel ·

Matriek eksamen dis my kind se einste woorde ook, dit was ni maklike vraestel ni

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.