ʼn Voormalige rekenmeester van die OR Tambo-distriksmunisipaliteit is Woensdag in die Umtata-hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van bedrog van R9,8 miljoen.
Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Nyameka Qongqo was in 2014 die kapitaaluitgawe-rekenmeester by die munisipaliteit. “Sy het duplikaat betalings ter waarde van R9,8 miljoen in haar man se besigheidsrekening, Zingce Trading, en haar suster se besigheidsrekening, Ogiyonke Construction, inbetaal.”
Die saak is aan die Valke oorgegee vir ondersoek en uiteindelik het drie persone en die twee maatskappye tereg gestaan op aanklag van bedrog en geldwassery. “Qongqo is gister skuldig bevind op albei aanklagte.”
Die saak is tot 25 Maart uit gestel vir vonnisoplegging. Qongqo is vrygelaat op borgtog.
Haar man, Thobani Alex Ntshokovu en sy onderneming is vroeg in 2020 skuldig bevind en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat in die geheel opgeskort is. Hy moes ʼn boete van R50 000 betaal.
“Die saak teen die beskuldigde se suster en haar maatskappy duur voort. Dit is ook tot 25 Maart 2021 uitgestel.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Sy kwalifiseer nou om ‘n minister te word… Sy HET dit!
Lyk of die hele spul korrup is. Runs in the family.
Rekenmeester.
Ga – net ‘n 5 jaar opgeskort vonnis & ‘n boete’tjie van R50,000? And who still says crime doesn’t pay? Om van naar te word!!
Belaglik! As dit ek was, het hulle my klaar in die tronk gesit én die sleutel weg gegooi.