Rekenmeester wat Necsa bedrieg, gevonnis

(Argieffoto)

’n Rekenmeester is vyf jaar tronkstraf met die opsie van ’n boete van R30 000 opgelê, nadat hy die Suid-Afrikaanse Kernkragkorporasie (Necsa) jare gelede uit byna R270 000 bedrieg het.

Calvin Kwinana (45) is Dinsdag in die landdroshof in Brits in Noordwes gevonnis, nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van bedrog.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, sê Kwinana het jare gelede as rekenmeester by Necsa gewerk toe hy R268 000 van die maatskappy se geld herlei en na sy eie persoonlike bankrekening oorgedra het.

Kwinana is in 2015 reeds in hegtenis geneem en het sedertdien verskeie kere in die hof verskyn voor sy onlangse skuldigbevinding en vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wondermaarnet

Kan mens dan deesdae kies tussen ‘n boete en tronkstraf?

Frederik C

“n Boete van net R30 000 ???? Dis eintlik ‘n motivering vir ander om ook so iets te probeer