Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man het in Ou Potchweg in Soweto gery toe die reklamebord op sy bakkie geval het. Volgens Meiring het paramedici hulle onmiddellik na die bakkie gehaas met hul aankoms op die toneel en die man uit die voertuig getrek.
“Paramedici het die man ondersoek en bevind dat hy wonderbaarlik geen beserings opgedoen het nie.” Volgens Meiring het die sterk wind en storms wat gister oor groot dele van Gauteng voorgekom het moontlik die reklamebord laat val.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word egter ondersoek.
Gelukkig jy sit nie enige borde of iets wat kan omval of afval naby n pad nie kyk hoe vol is dit op veral die hoofwee dink net jy ry 120 op die snelweg en dit val af of om
Weereens ‘n bewys van die krag wat die natuur se elemente kan uitoefen.
Dalk kan die bakkie se vervaardiger die voorval vir reklame gebruik . . . ?
Mensig meneer.Jys gespaar vir n rede.Gaan lewe voluit -binne perke.
Absoluut genade.!!
Daai Ford Ranger het toe sy 5 ster NCAP gestand gesdoen.
Is ek nou heeltemal onnosel of wat? Die berig gaan oor die reklamebord wat op die motor geval het. MAAR in die laaste paragraaf word die volgende gese: “Die presiese oorsaak van die ongeluk word egter ondersoek”
Is daar ‘n moontlikheid dat enigiets ANDERS die ongeluk kon veroorsaak?
Moontlikhede waaraan ek kan dink is: (1) “Act of God” (natuur), (2) Onvoldoende fondasie, (3) Swak beton mengsel, (4)Nie “high tension” staal boute gebruik en (5) Swak staal konstruksie.