‘Rekord-daling’ in brandstofpryse verwag

Argieffoto

Argieffoto

Die Outomobiel Assosiasie (AA) het Woensdag gesê motoriste kan moontlik volgende maand ʼn rekord-daling in brandstofpryse verwag weens internasionale oliepryse wat skerp gedaal het.

“Die daling wat verwag word kan moontlik die skerpste nog wees. Dit is ondanks ‘n geleidelike verswakking van die rand/dollar-wisselkoers oor die afgelope twee weke, “het die AA in ‘n verklaring gesê.

Petrol sal na verwagting met tussen R1,05 en R1,07 per liter daal terwyl die groothandelprys van diesel na verwagting met 88c per liter sal daal, volgens die AA. Dié voorspelling kom nadat die Sentrale Energiefonds sy ongeouditeerde mid-Desember brandstofprysdata bekend gemaak het.

Volgens die AA is dit moeilik om die werklike syfer te voorspel aangesien internasionale petroleumpryse voortgaan om te daal, terwyl die Rand sy verswakkingstendens teenoor die Amerikaanse dollar voortgesit het.

“Tot op datum is die verswakkende wisselkoers oortref deur die daling in brandstofpryse en indien hierdie tendens voortduur, sal die prys wat motoriste by die pompe betaal teen die einde van die maand tot onder R12 per liter daal,” het die AA gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

As Zumpie praat val die Rand. Wraggies net die petrol wat Zumpie se nonsens oorleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.