Rekord-kokaïen-vonds by OR Tambo

Die kokaïen is in houers vir skoonheidsmiddelprodukte versteek (Foto: SAID)

Die kokaïen is in houers vir skoonheidsmiddelprodukte versteek (Foto: SAID)

Doeanebeamptes by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg het Saterdag die grootste kokaïen-vonds ooit vir Suid-Afrikaanse doeanebeamptes gemaak.

Doeanebeamptes het beslag gelê op 271 kg kokaïen met ʼn geraamde straatwaarde van R78 miljoen.

Babs Naidoo, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, het gesê die dwelmmiddels is in ʼn vragpakhuis gevind tydens ʼn roetine-ondersoek. Die besending was gemerk as “skoonheidsmiddels” op die amptelike dokumentasie, maar is gemerk vir nadere ondersoek deur uitkenningstegnieke waarvan die doeanebeamptes gebruik maak.

Die bokse is fisies ondersoek nadat snuffelhonde op die vrag reageer het. “Daar was wel haarprodukte in die bokse, maar ʼn dwelmtoets is op ʼn paar houers gedoen en dit het positief getoets vir kokaïen,” het Naidoo bygevoeg.

Die dwelmmiddels was op pad van Sao Paulo in Brasilië na Nairobi in Kenia.

Dit is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Oupa ·

Aan die polisie oorhandig? Ek wonder wat gaan húlle daarmee maak, gedagtig aan mcBride se onthullings in die parlement. Slim een daai, dat dit nie vir iemand in RSA bedoel is nie: is daar nie direkte vlugte na Nairobi nie, en hoekom is dit hier eers afgelaai en verby doeane geskuif?
Ek ruik ‘n rot…

snoefie ·

as dit soos n pakkue gestuur was, behoort daar nie name vir en van te wees nie? as dit deel van bagasie was, is die persoon wie se bagasie dit was aangekeer? of is dit weer n foefie om die sapd te last goed lyk? bokse klim nie vanself op n vliegtuig nie. ek is seker sao Paulo se lughawe het ook n xstraal masjien.

H.A. ·

Dit is vir die smokkelhuise. Hulle moet uit die land uit ! Die ANC ‘regime’ maak S.A. nog tikkoppe ook. Die uitlanders moet gaan !

AndreK ·

Ek is baie bly dit is gekry, geen sprake van rotte nie, geen sprake van foefie nie, SAPD doen ook goed reg, alles wat hul doen is nie verkeerd of verdag nie, wat word van ons? Gewoonlik is dit net die negatiwe gebeure wat die koerant haal, die res bly maar agterwee.
Alles word net eenvoudig betwyfel. Dien geen doel om te bespiegel oor wat die omstandighede kon wees nie, behalwe om n negatiewe kultuur te skep….ai!

H.A. ·

AndreK dankie. Drugs en al die negatiewe dinge wat in S.A. gebeur is net die werklikheid. Wees net bewus daarvan. Dit is nie ñ verskoning om nie te weet nie… Bye for now.

Oupa ·

Ek stel voor julle gaan lees weer Robert McBride, hoof van OPOD, se verklarings wat hy die afgelope week onder eed gedoen het voor die Parlemente Portefeulje-komitee. Sit dan twee en twee bymekaar vóór julle als vir soetkoek opeet.

Cherokee ·

Ag oupa & kie, hou op om rotjies te ruik en wees bly dat dit raakgesien is in Suid Afrika terwyl dit die Portugeuse in Brasilië se oë ontduik het. Daar behoort ook ondersoek ingestel word waarom dit tot in SA gereis het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.