Rekord laagtepunte vir die rand

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse rand het Vrydag ʼn rekordlaagtepunt van 16 teen 1 Amerikaanse dollar gehaal.

Die geldeenheid daal dramaties teen van die grootste geldeenhede sedert pres. Jacob Zuma Woensdag sy besluit aangekondig het om die minister van finansies, Nhlanhla Nene, te vervang met David van Rooyen, ʼn grootliks onbekende LP.

Binne twee dae het die rand met ongeveer 8% gedaal en teen R24.02 teen die pond verhandel en R17.38 teen die euro.

Die rand word verder onder druk geplaas te midde van ʼn moontlike rentekoersverhoging in Amerika.

Bankaandele het ook met meer as 10% gedaal tot vlakke wat laas ná die 2008 finansiële ineenstorting beleef is.

“Die markte is geskud nadat Nene uit sy pos verwyder is,” het Garikai Matambo, ʼn navorsingsanalis van Frontier Advisory, gesê. “Die rand kan moontlik nog vir ʼn week lank bly wankel.” Matambo het gesê Suid-Afrika beleef finansiële uitdagings en kan nie onstabiele markte bekostig nie.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Vrydag Zuma se besluit verdedig en gesê die aanstelling en verwydering van ministers uit hul amp bly die volste reg van die president.

Zuma het nie verduidelik waarom hy Nene uit sy pos verwyder het nie, maar gerugte doen die ronde dat hy afgedank is oor sy fiskale omsigtigheid en vir politieke redes, waaronder sy versuim om ʼn kernkragprogram van R1 biljoen goed te keur, sy ondersoek oor wanbesteding by die SAUK en sy uitspraak teen die SAL se onderhandelinge met Airbus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Andre ·

Wat ‘n opebarende verduideliking van mnr Radebe…!!! Dink hy hy praat met kinders of onnosel. Ons weet almal dat die aanstelling van ministers die taak van die president is. In hierdie geval gaan dit oor die ontbrekende redes vir hierdie spesifieke skuif. Is hy/hulle werklik te blind of dom om te sien wat hierdie “volste reg van die president” aan die ekonomie doen??

Gerhardt ·

Ek is self ‘n optimis en dis hel! Want ek moet heeltyd erken ons was verkeerd.

Gerhardt ·

Hiedie laat die tagtigerjare se val van die Rand na ‘n piekniek lyk. 8% in twee dae en nog wat kom! ek hou van die woord: Zumafikasie van die Rand.

Paul ·

Miskien moet ons die Rand se naam verander na Mandela, dan gaan ‘n mens die so sleg voel as dit gezumafiseer word nie.

vermeende ·

Ons geld sal nog so min werd word dat jy dit kan gebruik om die mure me uit te plak.
Is hiperinflasie ons voorland soos die Siener dit gesien het……..ek glo so!

Schalk ·

En hy het die volste reg om die land te vernietig? As daar maar net kiesers in die ANC was met bietjie insig, kon die land dalk nog gered word. Maar dat ons afstuur op n tweede Zimbabwe, blyk nie te ver in die toekoms te wees nie. Dit is lankal nie meer n indruk wat n mens kry nie, maar n feit dat die president en sy kabinet die land bankrot steel. Die hout wat hy gebruik om sy kabinet meer te bou is vrot van die wurms.

Charlotta ·

Zuma wil ons ekonomie en land vernietig en die skuld voor apartheid se deur gooi. Dis mos hoe dit werk

Fanie ·

Daar is ander ministers waarvan Klaas Vakie eintlik eerder moes van ontslae raak.
Hy wíl sy vliegtuigie hê, en sy vliegtuigie gaan hy kry!!
Hy wil ons land met kernkrag laat besoedel, en hy wil dat die chinese ons land kom uitput en besoedel!! Hy wil die hele land se mense laat suffer en swaarkry!! Hy het mos klaar voorsiening gemaak!! Hy worry nie eers oor sy kleinkinders!!

Johann Marx ·

Viva Afrika Viva…. rekord laagtepunte is ook mos ‘n rekord? Waaroor moan julle so? Ons leef in ‘n land van “rekords”!!!

Elmarie ·

Maroela Media ek dink dit is 1 Triljoen nie 1 Biljoen nie, raak die syfer ook vir julle te groot.

CHRISTA ·

Zuma het reeds sy eie keel EN die ANC se keel afgesny die dag toe hy gesê het die ANC sal regeer tot Christus se wederkoms!!! Moet NOOIT my HERE uitdaag nie!!! Jy DOP DIE TOETS (en daarvoor het jy nie eers St 3 NODIG NIE!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.