Rekord toe SA’ner weer ysige Kaapse water aandurf

Ryan Stramrood (Foto; Ryan Stramrood via ANA)

Ryan Stramrood (46) van Kaapstad kan met trots spog dat hy Woensdag vir die 109e keer die see tussen Robbeneiland en Bloubergstrand oorgesteek het.

Stramrood, ʼn internasionale motiveringspreker, verbeter hiermee die vorige rekord deur wyle Theodore Yach wat die afstand in 2016 vir die 108ste keer afgelê het. Yach is in 2018 oorlede ná hy met asma in die hospitaal opgeneem is.

Stramrood kon nie tydens die Covid-19-afsonderingsperiode oefen nie, maar die oomblik wat hy kon, het hy dadelik sy Speedo, swembril en swempet gegryp en die 14°C-water van die Atlantiese Oseaan aangedurf.

“Toe ek by die strand aankom, en op die sand in my Speedo staan en dit is 10°, het ek na die baai se 7,3 km ysige water gekyk en besef dit gaan moeilik wees,” het hy gesê. “Gewoonlik oefen ons en raak ons liggame gewoond aan dié pogings, maar die afsonderingsperiode het dit nie toegelaat nie. Ek het absoluut op spiergeheue en vasberadenheid vertrou en glo my, dit was pynlik.”

Ryan Stramrood (Foto; Ryan Stramrood via ANA)

Hy het die afstand in twee uur en 34 minute afgehandel.

Hy weet hy het die rekord verbeter, maar dit moet nog deur die Kaapse langafstand-swemvereniging bevestig word.

Stramrood het vantevore al in die Engelse kanaal en sub-zero watertoestande in Antarktika geswem, die dubbele Noordkanaal-aflos gedoen en ʼn solo poging van Rusland na Amerika aangepak.

“In die koue water [Woensdag], toe dit gelyk het of die kuslyn ʼn miljoen myl ver en ʼn onmoontlike teiken is, het ek myself daaraan herinner dat hierdie ongemaklike en onveilige plek soos ʼn verlangse herinnering sal wees die oomblik wat ek op die strand uitstap.”

Hy het sy reis aan Yach opgedra en hom beskryf as “ʼn dierbare vriend wat ʼn uiters hoë standaard gestel het”.

Posted by Ryan Stramrood on Wednesday, June 17, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michael 1 ·

Die man is doelgerig in wat hy doen met die temperatuur so laag swem ek nie eers oor my 4x4m swembad nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.