Rekordaankope op Swart Vrydag – FNB

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

FNB se stelsels het teen 10:00 op Swart Vrydag ʼn rekord van 3 000 transaksies per sekonde verwerk. Teen middagete is meer as 63 miljoen transaksies odie bank se stelsels angeteken.

Teen die middag was transaksies wat deur FNB se handelaarverkrygingstelsels verwerk is, gemiddeld 300 transaksies per sekonde. Volgens Thokozani Dlamini, uitvoerende hoof van FNB-handelsdienste, het hierdie volumes met 18% toegeneem in vergelyking met verlede jaar.

Maroela Media het vroeër berig besteding op Swart Vrydag het verlede jaar met 52% afgeneem vergeleke met 2019. Meeste Suid-Afrikaners wat wel verlede Vrydag winskopies losgeslaan het, het hul kredietkaarte gebruik om daarvoor te betaal.

“Daar is ʼn verbetering in verkoopsaktiwiteit in vergelyking met die vorige jaar, oor die toonbank én deur e-handel. Dit is as gevolg van ʼn volgehoue herstel in verbruikersinkomste, verslapte inperkingsregulasies en ʼn meer oop ekonomie,” het Dlamini gesê.

Chris Labuschagne, uitvoerende hoof van FNB se kaartafdeling, sê teen die einde van die dag was die meerderheid transaksies deur middel van bankkaarte gedoen. “Ons verwag dat aanlyn inkopievolumes verder sal toeneem, met aanlyn handelaars wat waarskynlik langer as gewoonlik sal oop bly om die na-ure stormloop te akkommodeer. Die voorste bestedingskategorieë is tans kruideniersware, klere en huisbesteding,” het Labuschagne gesê.

Volgens Jacques Celliers, uitvoerende hoof van FNB, blyk dit uit die aantal transaksies asof kliënte hulself in ʼn beter finansiële posisie as ’n jaar gelede bevind.

“Ek hoop dat die Swart Vrydag-verkoopaktiwiteit wat vanjaar ʼn positiewer prentjie skilder, die winsgewendheid van baie kleinhandelaars sal verhoog – wat verskeie uitdagings weens die Covid-19-pandemie ervaar het,” sê Celliers.

Celliers sê hoewel Swart Vrydag ʼn geleentheid vir kliënte is om winskopies voor die feesseisoen uit te snuffel, moedig hy hulle aan om verantwoordelik te bestee en veiliger en gerieflike kanale te gebruik om inkopies te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Miskruier ·

Hoe kan op skuld koop mens in n beter finansiële posisie sit?

Hardekwas ·

Hulle bedoel eintlik (maar sê dit nie) dat die banke in n beter finansìële posisie is.

Veronica ·

Onverantwoordelik van die regering: laat black Friday toe, waar die hordes op die winkels toe sak , maar daar is n “nuwe viriand” wat glo makliker aansteek as covid!!!??? Nou hoe nou? Miskien wag hulle juis vir die “°nuwe uitbraak” sodat hulle n rede het om ons weer ingeperk te hou vir Desember.

Pieter ·

Die arme regering kan ook nie wen nie. Sou baie graag die reaksie wou sien as black Friday ingeperk sou word.

Adriaan ·

“Meeste Suid Afrikaners … het hulle kredietkaarte gebruik om daarvoor te betaal”. “Die voorste bestedingskategorieë is tans kruideniersware, klere en huisbesteding.” Party mense gaan, finansieël gesproke, n baaaie lang Januarie en Februarie 2022 hê.

Petrus Klipkop ·

Net ‘n opninie, glad nie feitelik nie, maar wel ‘n vraag om oor na te dink: Is dit slegs die gevolg van swart Vrydag spesiale aanbiedinge, of moontlik ‘n kombinasie van spesiale aanbiedinge en paniekaankope uit vrees vir moontlike inperkings deur die nbr diktators?

Nationalist ·

Baie onverantwoordelik om geld so te wangebruik gegewe ons huidige ekonomiese klimaat. Aan die ander hand weet mense presies wat hulle doen. Spaar nou R50 net om R100 se rente terug te betaal. Penny wise and pound foolish.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.