Rekordgetal diensleweringbetogings in 2018

Bande word buite die munisipale kantoor in Ventersdorp gebrand (28 Augustus 2017). Foto: Molaole Montsho/ANA

Municipal IQ het Woensdag bekend gemaak dat Suid-Afrika sedert Januarie al ʼn allemintige 144 protesaksies teen swak dienslewering of ʼn gebrek aan dienslewering beleef het.

Die provinsie wat die ergste onder dié betogings deurgeloop het, is die Oos-Kaap en in die tweede plek Gauteng. Daar was ook ʼn geringe toename in die aantal protesaksies in die Wes-Kaap en die Vrystaat.

Karen Heese, ekonoom by Municipal IQ, het gesê die protesaksie-voetspoor kan ál duideliker oor ʼn verskeidenheid gemeenskappe gesien word, van stede tot landelike gebiede.

Volgens Heese sluit die lys griewe van betogers ʼn toenemende eis vir behuising en werksgeleenthede asook basiese dienste en beter regering in klein munisipaliteite in.

Kevin Allan, besturende direkteur van Municipal IQ, het gesê sedert 30 Junie vanjaar is Mpumalanga die provinsie waar die minste betogings plaasgevind het (3%). In die derde plek, ná die Oos-Kaap en Gauteng, volg die Wes-Kaap met 15%, KwaZulu-Natal met 14%, Noordwes met 9%, Noord-Kaap met 6% en Limpopo met 5%.

Allan het bygevoeg dat protesoptogte die afgelope paar jaar ook meer gewelddadig geword het.

“Diensleweringsoptogte het ʼn daaglikse gebeurtenis in Suid-Afrikaners se lewe geword met ʼn ontstellende toename in gewelddadige konfrontasies tussen betogers en die polisie. Sodoende gaan die geleentheid vir gemeenskappe om opbouend met munisipaliteite ooreen te kom oor hul griewe verlore.”

Hy meen munisipaliteite moet werk maak daarvan om te verseker dat kanale vir dié kommunikasie toeganklik en relevant bly.

Municipal IQ is ʼn webgebaseerde data-en-intelligensiediens wat inligting oor diensleweringsbetogings teen munisipaliteite insamel deur sy “Hotspots Monitor”-hulpmiddel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

christa ·

en dit kom nie tot die regering se gedagte dat hulle nie kan diens lewer nie. Nog nooit was daar voor 1994 sulke swak diens gelewer nie en nog minder betogings en verwoesting.

John ·

Rekordgetal mense wat betoog en ‘n rekortgetal afwesig van die werkplek… die slang wat sy stert insluk…

Boeremeisie ·

En, hierdie is maar nog net die begin van ‘n volskaalse verwoestingsveldtog & anargie wat gaan volg……..

Heinrich ·

Rekordgetal mense wat nie weet hoe werk demokrasie nie, maar wat verder stem vir die party wat hulle een van die slegste onderwysstelsels in die wêreld gegee het , sodat hulle nie moet verstaan hoe demokrasie werk nie. En die klomp stommerikke van die regerende party het mos belowe om die land onregeerbaar te maak en die kultuur van verwoesting in plek te stel, nou kan hulle dit nie ongedaan maak nie. STEM TOG NET VIR IEMAND ANDERS en spaar die infrastruktuur waartoe julle in elk geval tog nie bydra nie!

IK ·

Die koppe werk so: Dié wat verkeerd maak is dié wat moet regmaak, daarom word daar wéér vir hulle (ANC) gestem. Mens kan dit jou nie indink maar dit is só!

Theresa B ·

Ek stem Christa. En nogsteeds kom hulle nie agter waar lê die probleem nie. Solank dit goed gaan met hulle – is die saak 100. Daar word nie geworry oor ons mense, land en hulpbronne nie.

Nettie ·

Dié is NIE DIENSTELEWERINGSPROTESTE NIE!!!!!! Dit is blote, suiwer ANC-anargie en hul metode om die paar werkende munisipaliteite wat daar nog oor is, om te keer en “onregeerbaar” te maak, veral dié in die Wes-Kaap.

Vir diegene wat in provinsies soos Limpopo, Mpumalanga, Noord-Wes e.d.m. woon. sê ek: KRY VIR JULLE, JÚLLE HET DIE ANC REGERING INGESTEM, VAT VREDE DAARMEE.

Eish ·

Hul is nog in die “struggle mode” van 94 af.
Die Afrikaans daarvan is sukkel.
Die ANC is n “struggle” organisasie soos menigmaal deur die leiers na verwys is.
Dus, hul sukkel met alles.

Katerina ·

Vlug..met Watter geld? Die meeste witmense is hier vasgekeer want ons kan nie bekostig om te vlug nie. Ons moet maar net sit en wag om uitgemoor te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.