Rekordgetal SA’ners registreer om oorsee te stem

Foto: Maroela Media

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Donderdag bekend gemaak ʼn rekordgetal Suid-Afrikaners in die buiteland het geregistreer om te stem in die komende verkiesing.

Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, het gesê 30 523 Suid-Afrikaners in die buiteland het geregistreer om by een van die land se 121 buitelandse missies te stem. Volgens Bapela is 29 344 van die aansoeke goedgekeur.

“Die OVK het in 2014 amper 28 000 aansoeke van Suid-Afrikaners in die buiteland ontvang om te registreer waarvan 26 716 goedgekeur is. Altesaam 18 446 mense het gestem.”

Bapela het gesê 2 868 Suid-Afrikaners in ander Afrikalande is geregistreer om hul kruisies te trek terwyl meer as 7 000 Suid-Afrikaners in Asië mag stem. Meer as 14 800 Suid-Afrikaners in Europa mag ook hul kruisies gaan trek.

Die meeste Suid-Afrikaners, altesaam 9 084, sal by die land se hoë kommissariaat in Londen stem, gevolg deur Dubai.

Suid-Afrikaners in die buiteland sal op 27 April hul kruisies trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

ZAR ·

Wonderlike nuus! Dis hoe ons broers en susters in die buiteland ons kan help hierdie in Suid Afrika.
Dankie.

Riekie ·

Wat ‘n absolute skande. Derduisende het die land verlaat en kan nie eers die moeite doen om te stem nie. Ek hoop rerig hulle bly net waar hulle is en sit hulle voete nooit weer in ons land.

Andrea ·

Regtig? Hulle het n nuwe lewe. Hul voel tien teen een dat hul swaar gewerk en getrek het om die skuif te maak en nou in beter omstandighede te mag leef as ons. Wees eerder dankbaar vir dié wat wél gaan stem.

Ida Kriel ·

Riekie ek wonder of jy besef dat die meeste hul burgerskap moes prysgee om in n ander land te kan bly. D. w. s hul het geimigreer na daai land en ongelukkig laat nie alle land dubbele burgerskap toe nie. So wees dankbaar vir die wat kan en gaan stem, al is dit n druppel in die emmer.

Piet Pompies ·

Jy moet ook onthou dat nie almal by verkiesings lokale kan uitkom nie. Ook baie strategiese beplanning deur die ANC.

Jean ·

Wanneer die regering versuim om Suid-Afrikaners natuurlike regte te beveilig byvoorbeeld Grondonteiening sonder vergoeding, of die beste belange van die samelewing te bevredig byvoorbeeld Swart Bemagtigings Beleid, kan burgers hul verpligting om te gehoorsaam the wees ook versuim, of die leierskap te verander deur middel van verkiesings of ander middele, insluitend wanneer noodsaaklike geweld. A.K.A Social Contract Theory

Ek weet verkiesing gaan niks help nie en geweld is nie vir my ‘n opsie nie, dus doen ek niks aan die saak nie.

L ·

Riekie, vir my is die naaste ambassade in ‘n buurland en minstens R3,000 in bus- of vliegtuigkaartjies ver. Met die vorige verkiesing het ek die oggend van die verkiesing ‘n SMS van die DA gekry: op my privaat nommer wat hulle net kon kry as hulle toegang tot die registrasievorm gehad het. Sal jy al daai moeite doen en al daai geld betaal, wetende dat jou privaat inligting so maklik in enige politieke party se hande kan beland terwyl die kieserslys in Suid-Afrika net jou naam en ID-nommer wys?

poplap ·

Weet dat dit nie ‘n maklike en goedkoop oefening is nie. As mens bv in NZ bly moet die wat nie in Wellington woon nie, na Wellington vlieg en reis en verblyf uitgawes aangaan om die kruisie te gaan trek.

Die wat in Australie bly moet Canberra toe vlieg om die kruisie te gaan trek – kyk bietjie op ‘n kaart hoe ver is die plekke is.

Boonop is dit nie maklik om ‘n SA paspoort te kry as dit verval het nie – weereens moet jy reiskostes aangaan om in persoon aansoek te doen vir so ‘n paspoort by die Ambassade of Hoe Kommisaris en dit vat baie keer maande. As daar ‘n probleem is (bv met die foto) moet so ‘n aansoek baie keer oorgedoen word. Ek weet van iemand wat al van laasjaar Junie aansoek gedoen het vir ‘n SA Paspoort – juis om te stem – en die paspoort is nog uitstaande.

Op see ·

Die duisende wat teen stemdag op skepe/platforms werk sal dit ook nie maak nie.

Nakkie ·

Skies maar jou onkunde wys hier. In ons land is daar net een plek om te stem. Dit sal my derduisende rande kos om te gaan stem. Die soos om te sê almal in Messina moet in Kaapstad gaan stem. Dis nie oor ons nie wil nie, ons kan nie.

JOEY ·

Jy sien, dis A.G.V mense soos jy, dat ek NIE die moeite sal doen nie, ons wat uit SA is, word keer op keer gese ons het nie n opinie of se oor SA nie, dan kom Verkiesing, dan moet ons spring? Nee wat. Good Luck and Good Bye.

Vra maar net ???? ·

Ek stem ZAR – Wonderlike Nuus – ek se ook weer Baie Dankie aan ieder en elk wat die moeite gedoen het om te gaan registreer – ons het elke stem nodig – DANKIE !!!!

Nou verstaan ek ·

30 000 mense ag asseblief asof dit enige verskil gaan maak.

jaco ·

Dis so amper 1 kwart van 1 persent van die kiesers. So dit cover 1 parlementslid uit 400.

Pieter ·

Ons stem hier in Pole moet n reis van oor die 500km doen om te stem.

Linda ·

Sjoe Pieter, wat ‘n opoffering om te maak deur so ver te ry om te stem! Ek kan net sê, baie, baie dankie dit word opreg waardeer!

Meisie ·

En ek sal ‘n reis van 760 km (one way) moet aanpak stempunt toe.

ZAR ·

Ek was glad nie bewus hiervan nie, maar ek is nie verbaas nie, die ANC gebruik elke taktiek wat hulle kan.
Baie dankie vir julle opoffering.

Cherokee ·

Pieter en Meisie, vir daai moeite en uitgawes is 2 kruisies elk, dit werd. Ek sal dit met die verkiesings kommissaris (or something to this effect) reël. Sal verduidelik waarom julle dubbel stem.

Saffa-Kiwi ·

Ek en my jong gesin gaan die trip af maak Wellington toe om te stem. Glo my, dit kos ‘n hengse klomp geld, wat nie almal het nie. Kommentaar soos “bly weg” en “ons land” ens. maak dat ons nie eers wil gaan nie. Dis een vd redes hoekom baie nie gaan nie. 30 000 gaan dalk nie ‘n verskil maak nie, maar dis steeds 30 000 teen die ANC. Dis 30 000 wat geld uithaal, ver reis, met klein kindertjies vir ‘n dag in ‘n ry gaan staan en langs die pad beledig ook word. Ek wonder hoeveel mense wat ons in die buiteland genadeloos skel het dit al gedoen? Jou wortels uitgetrek en die nuwe boom in nuwe omstandighede te probeer groei. Dis onbeskryflik moeilik en die klippe wat van julle gooi maak dit moeiliker. Basiese maniere, om te dink voor jy tik, empatie en dankbaarheid kos niks. Dankie aan elke buitelander wat die moeite gaan doen op 27 April! Ek hoop daar gaan iemand met ‘n boerewors stalletjie wees.

Schalla ·

Vir jou knik ek my kop en raak die rant van my hoed! Sterkte op stemdag en ek hoop vir jou part daar is iemand met ‘n boerewors stalletjie.

En dan is daar mense in ons eie land wat nie eers gaan stem nie en na die tyd oor alles wil kla sonder dat hulle self eers ‘n vinger gelig het om selfs net te probeer om ‘n verskil te maak.

Elke geen-stem maak net die ANC NOG sterker. Kan jy jou voorstel as helfte van die boere in 1838 voor Bloedrivier gesê het ag ons is te min dit help nie ons probeer eers nie? Hoe anders sou dinge dan uitgedraai het? Dis JUIS oor ons so min is dat elke stem tel!

@ZAR ·

Dis nie die ANC nie, dis maar net waar die lokale beskikbaar is perd. Saffas het meer verskonings as n pro golfer!

Oujongvrou ·

Riekie, ek kan vir jou nou sê my kinders gaan die een n die nder oorsee, en eknis maar te bly. En hulle wil nie terugkom nie. Hulle is nie veilig hier nie en kan nie hul kinders nog sorgeloos grootmaak hier nie. Ons is oud so ek smeek die 2 wat hier sit om te gaan. Dis bitter en ek huil so te se elke dag, maar ek dank God dat hule weg is.

Cherokee ·

OuJongVrou, moet nie dink omdat daar geen terugvoer is nie, word jy nie raak gelees nie. Ons hoor wat jy sê en ek wou ook net, terwyl ek hoor en verstaan wat jy sê, maar geen terugvoer het, verby blaai, maar wil vir jou sê, ‘n menigte wat hier lees, verstaan jou en is in dieselfde kompartement op die trein.

David ·

Ek is dankbaar dat mense, wat in die buiteland woon en werk, tyd opsy kán sit om te stem.

Baie van hulle moet vêr reis, waarskynlik ‘n dag verlof insit en ander opofferings maak. Daar is seker ook baie wat dit nie ingepas kan kry nie.

Elke stem geld.

Snoopie ·

Rede vir rekord getal, daar is meer Suid-Afrikaners as ooit tevore in die buiteland nou. Almal gee pad!!

Jean ·

Daar was nog geen demokratiese oorgang van politiese mag van een politieke party na ‘n ander sedert enige suiderlike afrika staat se onafhanklikheid nie. BDP in Botswana vanaf 1966, MPLA in Angola, FRELIMO in Mozambique en Swaziland vanaf 1975, ZANU-PF vanaf 1980, Namibia vanaf 1991 en Suid-Afrika is die ANC vanaf 1994 al ‘n quart van ‘n eeu aan bewind. Hulle Almal behou die “Status qou” met SADC en FLMSA. Niks gaan verander nie, absolute niks.

Realis ·

Kyk hoe vinnig gaan die finale oorgang na kommunisme nou gebeur na die verkiesing. Ek het net so ‘n kriewel in my binneste dat dit in alle erns gaan begin voor die verkiesing.

Eben ·

As al die blankes nou maar net wil besluit om saam te staan vir selfbeskikking kan ons hier uit kom. Om te stem vir ‘n multikulturalistiese party soos die VF+ is om maar te aanvaar wat in SA gebeur. Mens kan nie net voortploeter en hoop iets gaan verander nie. *Ons* moet dit laat verander. Indien iemand nie van die selfbeskikking opsie weet nie doen gerus so bietjie navorsing. Dit is *of* ons eie land *of* ons word verder vertrap… en dit is *ons* keuse. Maak ‘n wyse besluit. Moet asseblief tog net nie terug slaan nie… slaan eerste!

Oorsee se Stemmer ·

Net sodat van julle weet. vir ons wat in anderlande bly is dit nie so maklik om net na jou naaste stem lokaal te gaan en gaan stem nie. Die naaste stem lokaal waar ons bly is so 650km van ons af. So ons moet vliegtuig kaartjies koop en vir verbluif betaal vir die twee aande wat ons daar moet deur bring om te kan stem. Gaan ons in rande so R5500-6000 kos. Maar stem gaan ons stem. Ek wonder wat die mense wat nie gaan stem, wat in SA is, se verskonings gaan wees? en of hulle dan nog na die verkiesing aanhou gaan kla oor als.

Hendrik van George ·

Met die vorige verkiesing ure lank in die warm son in Dubai gestaan om ons stem uit te bring. Nie weer nie dankie. Die buitelandse stem maak nie ‘n verskil nie – dis al rede hoekom die cANCer dit toelaat. Al die buitelandse stemme is minder as 0.5% van alle stemme uitgebring.

Lalie ·

Dis nonsens. Hulle het die land verlaat. Nou wil hulle nog n se / stem in die land he. Dit werk nie so nie. Ons bly hier dis ons land, ons is die mense, ons stem.

Maggie ·

Lalie,ek is een van daardie Suid-Afrikaners wat die land verlaat het.Dis my land ook en my Afrikaanse kinders s’n ook.Ons bid elke dag vir ons land – selfs my oudste kindjie,wat nie daar gebore is nie.Mense verlaat die land om verskillende redes en baie wat graag sou wou,kan nie omdat hulle nie die geleentheid het nie.So,moenie jaloers wees nie,maar wees eerder dankbaar dat ons wel nog omgee vir ons mense wat agtergebly het.

Of Nie ·

Kan almal ophou kla. Die mense is Suid Afrikaners en het die reg om te stem. Dalk as die land ‘n beter regerendeparty het, sal hulle wil terugkeer. Asook, kla eerder oor kriminele in die tronk mag stem.

gatiep ·

Dink elkgeval die meeste gaan vir DA stem?Dan is ons nog net waar ons was.

Heksie ·

Stem net reg, dis al wat ek vra … want so kan ons nie aangaan nie. ons land is ten gronde!

PEtER ·

Ek word keer na keer gesê ek bly nie in SA nie, ek’t nie die reg op opinie of enige iets wat in SA aangaan nie, nou is die verkiesing LOL, nou moet ek moeite doen om te stem hier?? Nee wat, ekt beter goed om met my tyd te doen, kry vir julle.

Gaitsigubib ·

Ek sien niemand op hierdie forum wat jou probeer oortuig om te stem nie. Inteendeel, ek dink julle Ja stemmers moet verbied word om ooit weer te stem.

Blue Butterfly ·

Ek bedank elke liewe persoon wat oorsee moeite doen om te gaan stem met groot dankbaarheid. Elke stem is belangrik en betrokkenheid deur mede-Suid-Afrikaners in die buiteland is ontsettend belangrik om mense bewus te maak van wat in ons land aangaan.

chantelle ·

AG DIS FANTASTIESE NUUS
ek stem vir die heel eerste keer myself
ek glo as jy nie stem moet jy nie moun nie neh

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.