‘Rekordgetal’ sterftes dié langnaweek op Gauteng-paaie

Argieffoto

Sizakele Nkosi-Malobane, die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het haar teleurstelling uitgespreek oor die toenemende getal padsterftes in Gauteng.

Ofentse Morwane, woordvoerder van die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê daar was verskeie noodlottige ongelukke in die provinsie die afgelope langnaweek.

“Ons wetstoepassingsagentskappe was hard aan die werk om te verseker dat bestuurders die padreëls gehoorsaam en het altesaam 252 dronkbestuurders in Johannesburg in hegtenis geneem. ʼn Rekordgetal van 53 mense is in Soweto in hegtenis geneem,” het Morwane gesê.

Volgens Morwane lyk die voorlopige padongelukstatistieke vir Gauteng van 26 April tot 30 April glad nie goed nie. “Gauteng het ʼn rekordgetal van 41 noodlottige ongelukke sowel as 51 sterftes gehad. Dit sluit in 22 voetgangers, 11 bestuurders, 15 passasiers, twee motorfietsryers en een fietsryer.”

Morwane het gesê daar is vasgestel dat baie van die ongelukke deur spoed, dronkbestuur en die bestuur van onpadwaardige voertuie veroorsaak is.

“As die Gautengse regering sal ons aanhou om programme en inisiatiewe in te stel wat gemik is op die vermindering van padongelukke aangesien dit die land beroof van vaardighede en talente wat noodsaaklik is vir die bou van ʼn vooruitstrewende nasie.”

Sommige van dié programme sluit in onderrig oor padveiligheid wat fokus op voetgangerbewustheid en bestuurderveiligheid, veiliger voertuie asook alkoholbewusmaking.

“Ek wil my opregte medelye betuig aan die mense wat hul geliefdes verloor het en wens diegene wat beseer is ʼn spoedige beterskap toe. Mense wat verder reis na verskillende bestemmings in die provinsie moet steeds die padreëls getrou gehoorsaam om verdere onnodige sterftes te vermy,” het Nkosi-Malobane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JM ·

Wat help dit as jy die pad reels toepas maar die volgende drywer verontagsaam al die pad reels in die boek. As ‘n bestuurder onder die invloed bestuur maak ‘n voorbeeld van hom en as ‘n voertuig onpadvaardig is haal dit van die pad af en sorg dat die verkeers beamptes nie omkoop geld aanvaar nie en as hy/sy dit doen sluit hom /haar toe.

janneman ·

Byna al die noodlottige ongelukke wat wel in die gedrukte media oor berig is, was dit kop aan kop botsings, of gedeeltelike kop aan kop botsings. Al was elkeen van hierdie dan ook spoed verwant, dronbestuur verwant of onpadwaardigheid verwant, wil ek graag weet waar hoe die bestuurders hulle lisensies verkry het as hulle in aankomende verkeer se bane beland…..ek glo steeds wetstoepassers fokus op die verkeerde goed…….en die strawwe vir die oorsteek van soliede wit lyne moet as poging tot moord herskryf word, sodat dit summiere arrestasie sal regverdig……dan kyk ons wat is die uitwerking van effektiewe wetstoepassing vir hierdie oortreding…..

Kannaland ·

Daar is geen meer wetafdwinging sedert Zuma se opkoms nie, en dis nou erger as ooit. Moordenaars, padvarke, diewe, looters, betogers, enigiemand kan nou wegkom met watookal hulle wil. SA begin n regeringlose ‘failed state’ word soos Somalie.

Anoniem ·

Die problem le by die verkeersafdelings. Die korrupte verkeersbeamptes moet eers vasgevat word. Daar is talle wat verkeersoortredings laat gaan solank hulle net n paar rand in hul sak kan steek. Ek sien dit daagliks. Ek was ook n verkeersbeampte en weet dat as jy n voertuig aftrek vir n oortreding maak jy jou boek oop kry die drywer se besonderhede en skryf, nou sien y hulle hulle klim half in die voertuie in. Waarvoor om geld te ontvang niks anders nie of hulle boek is in die een hand en met sy ander hand steek hy by die voertuig se venster in. Wil hy die drywer aan die keel gryp. Nee hy vat geld.

Piet Pompies ·

Solank as wat wetstoepassing op die paaie uitgevoer word om geld te genereer vir korrupte instansies sal die padsterftes aanhou groei. Gedurende my eerste 20 jaar as padgebruiker het ek boetes omtrent 6 boetes ontvang wat werklik oortredings was. Die laaste 13 jaar was daar 2 sogenaamde oortredings, het nie gestop by stopstraat, het voertuig by sperstreep verby gegaan. In albei gevalle, toe ek die verkeersbeampte in kennis stel van die “dash cam” en nie hierdie beweerde oortreding begaan het nie, is daar bloot net gesê, “just go”.
Verwyder die onpadwaardige voertuie, verwyder die dronk bestuurders, verwyder die onwettige bestuurder lisensie houers, verwyder die spoedvratte en die dronk voetgangers, dan sal jy sien hou die padsterftes daal.

Sarel ·

Nooit sal ons hoor wat die swak toestand van die paaie se bydrae tot die ongeluk syfer is nie. Slaggate, geen lyne en pad skouers wat gevaarlik is moet ook aangespreek word.

Blackies ·

Ry in Panorama weg Rooihuiskraal in die oggende. Taxis stop glad nie by stop strate nie en die res van ons publiek volg hulle. Ry teen aankomende verkeer om voor te kom. Verkeers afdeling sal Sondag aande daar sit om mense van kerk oppad huistoe te stop maar glad nie weeks oggende nie. Beter wetstoepassing minder ongelukke.

Andrea ·

Presies! Ek glo dis die totaal arrogante houding dat reëls en wette nie gehoorsaam hoef te word nie, omdat dit Westerse konsepte is, is die hoofrede vir al die padongelukke. En die taxi’s is die hoofskuldenaars.

Koos de Meyer. ·

Ek stem saam met janeman. IN Die nuwe Suid Afrika bestaan daar nie meer so iets soos ‘n dubbel wit lyn nie. Dit is mos apartheid streepe.

Hennie ·

Ongelukkig word baie oorgesien en “bribes” word aanvaar, wat die vervolging verwater. Solank ons dink programme gaan help en die skuldiges word nie swaar gestraf nie, kan ons vergeet. Bestuurders wat dronk is, sonder lisensies bestuur en wie sperstrepe verontagsaam, moet toegesluit word vir ten minste 12 maande as ‘n minimum straf.

Sanet ·

Een van die grootste probleme in die land is die absolute verontagsaming van verkeersreels – op pad terug van Tzaneen gister middag terwyl onsbinbdue ry by die Nylplaza tolhek -gaan die persone aan die linkerkant op die geelstrepe van ager af verby en druk voor in -dit het n geweldige verkeersopeenhoping tot gevolg gehad dat dit ons meer as 45 min geneem het om deur te gaan -verkeersbeamptes doen niks en die ander bestuurders raak ongeduldig – daar moet n strenger toepassing op ALLE VERKEERSREELS wees nie net op spoed en dronkbestuur nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.