Rekords spat by kunsveiling in Kaapstad

JH Pierneef: A View across Fishermans Cove, Seychelles (Foto: African News Agency)

Rekords het gespat by ʼn veiling wat Maandag by die V&A Waterfront in Kaapstad gehou is.

Emma Bedford, hoof van Aspire Art Auctions se kantoor in Kaapstad, sê die veiling het bewys die maatskappy se visie om die mark te ontwikkel “is nie net bereikbaar nie, maar is entoesiasties ondersteun deur versamelaars wat gretig is vir nuwe verwikkelinge in dié bedryf.”

Twee skilderye van JH Pierneef is verkoop. Vrystaat Reën is vir R2 miljoen verkoop en A view across Fisherman’s Cove, Seychelles, is vir meer as R4 miljoen verkoop. Dit is vier keer meer as ʼn vorige rekord van ʼn skildery met ʼn ander onderwerp as Suid-Afrika deur die kunstenaar.

Hugo Naude se Kammanassierivier, Oudshoorn, is vir meer as R700 000 verkoop. Die skildery is uit Duitsland gebring vir die veiling.

Edoardo Villa se Vertical composition is vir meer as R1,8 miljoen verkoop.

Louis Maqhubela se skildery Exiled King is vir R300 000 verkoop. “Dit is ʼn langverwagte en goeie erkenning aan hierdie kenmerkende kunstenaar,” het Aspire Art gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.