Rekords het gespat by ʼn veiling wat Maandag by die V&A Waterfront in Kaapstad gehou is.
Emma Bedford, hoof van Aspire Art Auctions se kantoor in Kaapstad, sê die veiling het bewys die maatskappy se visie om die mark te ontwikkel “is nie net bereikbaar nie, maar is entoesiasties ondersteun deur versamelaars wat gretig is vir nuwe verwikkelinge in dié bedryf.”
Twee skilderye van JH Pierneef is verkoop. Vrystaat Reën is vir R2 miljoen verkoop en A view across Fisherman’s Cove, Seychelles, is vir meer as R4 miljoen verkoop. Dit is vier keer meer as ʼn vorige rekord van ʼn skildery met ʼn ander onderwerp as Suid-Afrika deur die kunstenaar.
Hugo Naude se Kammanassierivier, Oudshoorn, is vir meer as R700 000 verkoop. Die skildery is uit Duitsland gebring vir die veiling.
Edoardo Villa se Vertical composition is vir meer as R1,8 miljoen verkoop.
Louis Maqhubela se skildery Exiled King is vir R300 000 verkoop. “Dit is ʼn langverwagte en goeie erkenning aan hierdie kenmerkende kunstenaar,” het Aspire Art gesê.
Ja Swaer, smaak verskil.