Rekordstyging in brandstofprys op pad

petrol

Argieffoto.

Die prys van petrol sal in April vir die tweede agtereenvolgende maand die grootste nominale maandelikse styging in die geskiedenis toon.

Volgens die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) gaan die prys van 95-oktaan petrol op 1 April waarskynlik met sowat R1,55 per liter styg, terwyl die prys van 93-oktaan petrol met sowat 5c minder sal styg. Daarby sal die groothandelprys van diesel waarskynlik met sowat R1,15 per liter styg.

Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die SNI, het in ʼn verklaring gesê dit sal gebeur indien die afgelope paar dae se ietwat laer rand-oliepryse volgehou word tot volgende Donderdag. Indien dié neiging omswaai, kan die stygings nog hoër wees.

“ʼn Deel van hierdie stygings is afkomstig van die 80,5c hoër regeringsheffings op brandstof wat deur die minister van finansies in sy begrotingstoespraak aangekondig is. Die res van die stygings sal weens die hoër oliepryse in Maart wees, asook die verswakking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar,” het Joubert gesê.

Joubert meen dit is nog te vroeg om te voorspel wat presies met plaaslike brandstofpryse gaan gebeur. “Selfs indien oliepryse egter gedurende die res van Maart daal tot die uiters lae vlakke van rondom $46 per vat, wat in middel Januarie gesien is, sal die prys van petrol steeds met sowat R1,40 per liter styg.”

Die departement van energie sal die finale aankondiging oor die brandstofprysveranderinge op 27 Maart maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jjobson ·

My voertuig haal net die kwart merk, ek woeker maar met dapper en stapper. Net staatsvoertuie bly vol van ons belasting geld-ons regering is maar vrotsig maar praat van i beter lewe vir almal. i SWAARKRY vir almal.

Francois ·

Ek stem en het van die begin af gese ek wag vir DIE dag. Gaan terug sit en wag dat die paw paw die fan strike en die hele bodem onder hulle uitgeruk word…Dis nader as wat ons dink!

g ·

Korrupsie en swak beheer oor regeringsuitgawes en papgeld of sg ‘grants’ wat so ruim uitgedeel word is besig om sy tol te eis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.