Rektor skors studente betrokke by plakkaat-voorval

Plakkate wat op die Stellenbosch-kampus van die US aangebring is Foto: Facebook

Prof Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), het besluit om drie studente wat verbind word met die Nazi-agtige plakkate op kampus, voorlopig te skors.

Die plakkate is op 9 Mei 2017 op die Stellenbosch-kampus van die US aangebring. Die grafika op die plakkate is gebaseer op ou Nazi-propaganda.

Die US het tot dusver drie persone wat verbind word met die beplanning van die “Anglo-Afrikaner Student”-geleentheid en die gepaardgaande plakkate geïdentifiseer. Die US se Eenheid vir Gelykwaardigheid, met ondersteuning van die personeel by die Afdeling Studentedissipline, lei die ondersoek.
“Die plakkate en die geadverteerde geleentheid wat rasse-polarisering en -meerderwaardigheid aanmoedig en uiters aanstootlike verwysings na Nazi-propaganda en neo-Nazisme insluit, is totaal onaanvaarbaar,” het Jaco Greeff Brink, hoof van die Eenheid, gesê. “Gegewe die waardes van die US en die Suid-Afrikaanse Grondwet kan ons nie sieninge, geleenthede, bemarkingsveldtogte of sinspelings wat ons inherente gelykheid as mense ondermyn, duld nie.”
Greeff Brink het gesê die plakkate, wat sonder die toestemming van die universiteit opgesit is, en wat ʼn lokaal adverteer vir ʼn vergadering wat nie bespreek was nie, is reeds verwyder.
Die Eenheid het aanbevelings aan die Universiteit se Sentrale Dissiplinêre Komitee (SDK) en bestuur gemaak. Die saak is nou ʼn dissiplinêre aangeleentheid.

“Die SDK sal in sy hantering van hierdie saak oor die skorsings en verdere stappe besluit. Die saak word as prioriteit beskou, en moet toegelaat word om sy loop te neem,” het De Villiers gesê. “Toe ons aandag Dinsdag op die voorval gevestig is, het sowel die bestuur as die Studenteraad dit dadelik duidelik gemaak dat ons rassisme en rasse-meerderwaardigheid ten sterkste veroordeel.”

Die Eenheid vir Gelykwaardigheid het gerapporteer dat die plakkate en geadverteerde geleentheid rassepolarisasie/ -superioriteit bevorder, en dat dit – tesame met hoogs aanstootlike verwysings na Nazi-propaganda en neo-Nazisme – in stryd is met die US se Beleid oor Onbillike Diskriminasie en Teistering. Daar is bevind dat die gedrag en optrede van die betrokke studente “ʼn vernederende uitwerking gehad en ’n intimiderende omgewing by die US geskep het”.

“Die US werk hard daaraan om ʼn inklusiewe en diverse instelling te wees,” het De Villiers bygevoeg. “Die lokaalbespreking vir die beplande byeenkoms is nie deur die universiteit goedgekeur nie, en ons het geen inligting daaroor gehad voordat die plakkate vertoon is nie – sonder toestemming. Toe die saak onder ons aandag gebring is, is kampussekuriteit gevra om die plakkate te verwyder. Ons sal voortgaan om rassisme en onbillike diskriminasie te bestry, en menseregte, gelykheid, menswaardigheid en demokrasie te bevorder. Dit doen ons aan die hand van ons eie beleidsdokumente, asook ons verbintenis tot die Grondwet van Suid-Afrika en die Handves van Regte wat daarin vervat is.”

Lees alle vorige berigte oor die Universiteit Stellenbosch op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Awie Opperman ·

Ek dink ‘n disiplinêre verhoor sou meer van pas wees. Dit kan moontlik kwalifiseer as plagiaat, maar ek sien niks fout met die plakkate se inhoud nie. Is ek dan besig om mal te word? Gaan jy eendag aangekla word van rassisme omdat jy ‘n Volkswagen Kewer ry? Dit was dan Hitler se Volksmotor?

Therese van Schalkwyk ·

chris

Het die stuk gelees en vind dit geensins verdag nie.

Hierdie bron blyk meer betroubaar te wees as die Beeld, met die sg. “PUK-Nazi-saluut” ‘n tydjie gelede.

Antie Matie ·

Dit kan net blankes wees wat so VINNIG voorlopig geskors word en studente wat laasjaar oproerig opgetree en skade aangerig het was toegelaat om met hulle normale studentelewens voort te gaan!
Ek stem saam dat die gedrag onaanvaarbaar is, maar is die normale regsbeginsel nie dat jy onskuldig is totdat jy skuldig bevind word nie

Woorde ·

Gelykheid, verdraagsaamheid, nie-rassisme ens. is pragtige woorde. Net jammer dat politici nie daarby hou en met die tong die vure van haat aanblaas.

al ·

Wel as dit US se onregverdige rassebeleid aan die groot klok hang, hoekom nie? Hopenlik US rooigesig laat?
N Regsverteenwoordiger het die aksie goedgekeur – so steek vir US tong uit.

Dellaq ·

Hahahahaha!!!!! Nou spoel die US Hulle bekke behoorlik uit. Ander ernstige rassistiese gevalle is hulle tjoepstil….”kill all whites”, pers-gesig geval wat heeltemal uit verband geruk was ens ens….
Wat het hierdie studente gese wat rassisties was. Oogeenlopend hoe hulle dubbel standaarde toepas….
Julle is n grap!

Hanna ·

En wat het met daardie Tukkies student en SR lid gebeur wat laas jaar die wittes wou uitmoor? Nogals die geskikte wapens ook opgenoem. Is hy ooit geskors? Ek betwyfel. Bleddie belaglik as jy my vra.

Pieter ·

En waar was kampus sekuriteit laasjaar toe daai wit studente die standbeelde skoonmaak en swartus hul uitgejou het. Nee wat, weer tipiese dubbele standaarde.

Wonder Net ·

Prof Wim en sy mede amps bekleders is ‘n klomp lafharte wat nie ruggraat het om op te staan vir hulle wit studente, die wat die meeste fooie betaal en hulle salarisse dra want ons weet hoeveel betaal die ander kleure!

Piet ·

As ouer stuur jy jou kind na n universiteit om te groei maar baie belangrik ook is die feit dat jy glo jou kind sal veilig wees, maar hier is dit net weer n voorbeeld van hoe die persone aan wie jy jou kind toe vertrou jou kind eers vir die wolwe gooi voor daar skuld bewys is…. Dit laat mens staan met n black face of was dit nou pers? US waar jou kind eerstens n misdadiger is en dan n student!

Ken2 ·

Stuur daarom jul kinders na Akademia en help Akademia opbou tot n universiteit wat grade i. net soveel indien nie meer velde as US, tuks en ufs gee.

Jakoba ·

Ek hou van Akademia maar hulle bied nie ‘n wye veld van keuses aan om te studeer nie. Ek kan nie my kind soontoe stuur om Natuurbewaring te studeer nie ook nie Botanie nie hulle bied dit eenvoudig nog nie aan nie ook nie medies nie…hoe nou gemaak.

al ·

Privaat kolleges en universiteite is die enigste manier hoe jy kan verseker dat jou kind gehalte onderrig kry sonder die politieke gemors en viktimisasie teen wit studente.

Arbeids ·

Jacoba, moet inelkgeval nie jou kind stuur om omgewingsbewaring te leer as jy omgee oor jou kind se toekoms nie. Alhoewel daardie veld baie belangrik is gee die regering hier en meesta ander lande zero om in die praktyk, en dit reflekteer in die patetiese hongerloon wat hul verdien.

Danie ·

Ek het ook die student se weergawe, wat `n uitgewerkte werkstuk is om realistiese bevindings te maak, gelees. Ons almal is eintlik al hiervan bewus. Hulle het dit nou hierdeur op `n goed uitgewerkte manier bewys. Ek sal graag wil sien wat die “sogenaamde intelektueles” nou hieroor te se gaan he. Julle weet seker wie hulle almal is. Sal ook graag Slim Wim se verduideliking vir sy optrede wil sien. Hy sal moet hard werk hieraan. Ons moet op hierdie manier aanhou om aan die Afrika boorlinge te bewys dat ons die gebeure in die land goed verstaan. Dalk dwing dit respek af.

al ·

Slim Wim irreteer my. Hy het vir Tim Noakes gekritiseer oor die Banting dieet – en Tim Noakes kan nou vir hul almal tong uitsteek oor hul konsuis ‘geniale ik’s’.
Dis seker omdat Tim Noakes meer geld verdien as ou wimpie se universiteits salaris?

Bouer ·

‘n Inklusiewe en diverse instelling..??? Wat ‘n grap!!! Oral op kampus en sosiale media sal jy oplet dat dit ‘n eksklusiewe, elitistiese Engelse instelling is. Die hele top-bestuur behoort aangekla te word vir verraad en taalmoord!

Help bou aan Akademia, ons nuwe Afrikaanse privaatuniversiteit. Staatsuniversiteite koester en dien geensins meer ons belange nie.

Duineboer ·

Slim Wim en sy ‘jingo’s’ voel vere vir ‘wit’ studente. Dit is uiters ontstellend. Ek weet nie wat mens daaromtrent kan doen nie. Iemand sal egter die spul US ‘akademici’ met voor stok kry.

GR ·

Hoor my lied!Wimpie gaan weer.op sy neus kyk soos die vorige keer toe hy ook studente geskors het!!!

Francois le Cochon ·

Plakate aanbring op die kampus is onverskoonbaar. Hierdie studente moes eerder ‘n paar US geboue afgebrand, dan sou Slim Wim hulle hulle nie geskors het nie.

Cryosphear ·

As hulle dit aanstootlik vind, behoort hulle al hierdie ‘Black lives matter’ goed ook aanstootlik te vind

Oom Kosie ·

Vir my lyk hierdie plakaat na die werk van stoute terggeeste. Enige aap sal weet dat hierdie anti Afrikaner gevoelens sal aanblaas.
Of is dit goed beplande “fake news” soos wat Rusland in VSA en Frankryk gebruik? BBC se televisie het plakate gemeld. Bly dat die wereld nog belangstel in US.

Therese van Schalkwyk ·

Oom Kosie

Die “Nazi”-plakkate het die Australiese radionuus ook gehaal.

Hoe kenmerkend van die politiek korrekte hoofstroom dat studente-manewales groter nuus is as ‘n KZN boer wat gemartel en sy dood in vlamme tegemoetgegaan het.

Op Netwerk24 is daar tans ‘n polemiek oor spraakvryheid en wie mag en wie mag nié namens die bedreigde SA boeregemeenskap praat in die buiteland. Dit, terwyl een boer na die ander vermoor word!
Ongelooflik.

Oudste ·

Interessant. Ek het die studente se weergawe ook gelees en in my beskeie opinie, is Slim Wim en sy gabbas hier, met vrot pap onder die wip ingelok en gevang.

karel ·

De Villiers skors in die nag – soos Zuma .( by sy leermeeste)r en verder sing hy alewig dieselfde ou deuntjie. Wat ‘n totale lamsak wat net van die Libs wil hoor en niks anders nie. Hoe moet jy nou ‘n land red met so ‘n skepsel.
En hoor jy die magtige dreuning
oor die veld kom dit aangesweef
Die lied van ‘n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Hierdie versie is vir jou de Villiers.

Lyle ·

Ek het van die plakkate gehou want daar is niks mee verkeerd nie. Ons is in S A en nie in Duitsland nie. Dit gaan ons ons en nie die SS nie. Ek sien die geskorsery word ook in die nag gedoen? Waarom nie in die dag nie? Wie se voorbeeld volg Wim en die US wat skorsings en afdankings in die nag doen? Wat ‘n totale papbroek. Wag net tot iemand van kleur weer iets “verkeerd” doen en daar sal niks van kom nie.

Von Winkel ·

Dit is so jammer dat so ‘n onbevoegde man soos De Villiers die Visie Kanselier van ‘n EENS vooraanstaande universiteit is. Oorsee word daar nie juis goed van hom gepraat nie oor sy dubbele standaarde. Hy het nog net skade veroorsaak.

Leendert ·

Dit is jammer dat die persoon, ja, dit was een persoon wat ‘n boodskap wou oordra hierdie plakkate gebruik het om aandag te trek, want dit is waaroor die gegaan het, hy wou die mense se aandag trek en toe kry hy meer as waarop hy gereken het. Plaas dat die mense eers na sy storie geluister het. Hy het presies dieselfde boodskap as Afriforum, en Afriforum jeug, dit wat hulle elke dag voor veg.

En hy wou geensins ‘n nuwe organisasie stig nie. Hy wou bewys, dt as iemand ‘n swart bewussyns organisasie op die kampus wou stig of anti-wit sentimente daar kwyt raak, kom daar dadels van, dit kom nie eens in die koerante nie, maar toe maak hy ‘n punt, wat bewys hy reg, jy moet net nie mik vir ‘n Afrikaanse organisasie of sentimente nie, dan word jy misken. Dis presies wat gebeur het, hy het net die verkeerde plakkate gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.