Renate Barnard-saak: “Ons sal aanhou baklei”

Renate Barnard Foto: Solidariteit

Renate Barnard Foto: Solidariteit

Die vakbond Solidariteit het aangekondig dat hy Renate Barnard se stryd vir geregtigheid nou in nuwe vorme sal voortsit, nadat die konstitusionele hof vandag teen haar beslis het.

Barnard was vir nege jaar in ʼn regstryd met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gewikkel nadat sy twee keer, weens die kleur van haar vel vir ʼn aanstelling oor die hoof gesien is. Vir Solidariteit is die Renate Barnard-saak nie die einde van die regstryd oor regstellende aksie nie, maar net die begin.

“Iets wat so verkeerd is, kan nie reg wees nie,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit gesê. “Renate Barnard het net een droom gehad en dit was om deur die SAPD diens aan die Suid-Afrikaanse publiek te lewer. Al wat tussen haar en haar droom gestaan het, was die kleur van haar vel. Barnard en die publiek is die verloorders in hierdie saak.”

Hermann sê hulle is diep teleurgesteld in die konstitusionele hof se uitspraak. “Die stryd om geregtigheid is kennelik langer as nege jaar en ons gaan dit op drie vlakke voortsit,” het hy bygevoeg. “Eerstens gaan ons die konstitusionele hof met nog hofsake konfronteer. In die Barnard-saak is slegs die toepassing van die SAPD se regstellende aksieplan aangeval, maar nie die plan self nie. Die volgende saak van Solidariteit wat waarskynlik na die konstitusionele hof toe op pad is, is namens tien werknemers van die departement van korrektiewe dienste (DKD). In hierdie saak val ons die onregverdigheid van die regstellendeaksieplan self ook aan.” Dié saak is reeds na die arbeidsappèlhof verwys.

“Tweedens gaan ons die stryd nou na internasionale forums opwentel. Derdens gaan ons die stryd om idees teen die ideologie van absolute rasseverteenwoordiging in Suid-Afrika meer aggressief voer. Die geskiedenis sal wys dat die uitspraak van die konstitusionele hof verkeerd was en ons sal dit in die stryd om idees bewys.” het Hermann gesê.
Die konstitusionele hof het die uitspraak van die arbeidsappèlhof wat ten gunste van die SAPD was bekragtig en die uitspraak van die hoogste hof van appèl in Bloemfontein wat ten gunste van Barnard was, tersyde gestel.

Barnard het gesê sy is ook baie teleurgesteld in die uitspraak. “Dit is my passie om my land te dien. Ek was vir 25 jaar in die polisie. Ek weet dit is nie die einde van die pad nie en ons sal aanhou baklei,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lynni ·

Ek sien in berig staan Solidariteit vertel Barnard en die publiek het verloor. Ek het niks verloor nie. Nog steeds dieselfde geld in die bank. Haar bevordering gaan niks aan my situasie verander nie.

Red 'n Lewe ·

Lynni, wat ‘n uiters ongevoelige en neerhalende boodskap wat jy uitdra. Gaan jy dieselfde redeneer as so-iets met jou, of jou familie gebeur? Jy faal die Blanke gruwelik.

Bianca ·

Hoe bedoel jy jy het niks verloor? My kinders is nog bitter klein en vir my voel dit of ons ook verloor het wat gaan van my kinders se toekoms word? Was dit moeilik om dit te verstaan? Wat n dom ding om te se!!

Sjert ·

Die uitspraak bevestig weereens die ongelukkige waarheid dat geregtigheid se rakleeftyd in hierdie droewe land, laaaank gelede verstryk het.
Wonderlik dat die ysters van Solidariteit van plan is om hierdie onregte ook aan die wyer wêreld bekend te stel. Hopelik kan daar positiewe resultate behaal word.

Heidi ·

Tipies en nou het die Konstitutionele Hof ook teen haar uitspraak gelewer oor haar vel.

Dave ·

Lynni, deel van Suid Afrika se skade is om mense soos jy aan boord te hê.

Paplepel ·

Het julle enige ander uitslag verwag? My Ouma het altyd gevra; “Waar kla jy die duiwel aan as die aanklagkantoor in die hel sit?”

Mike_FG ·

Ek dink dit is baie goed dat hierdie verder gevoer gaan word – internasionaal.
Ons kan leer uit die verlede by die anc en dis om dit alles internasionaal aan die kaak te stel.
Ek dink egter dat ons nog baie sulke troef sake gaan he voordat die res van die wereld hulle aandag vestig op apartheid se nuwe boetie – regstellende aksie
Ons moet ook begin liedjies skryf wat in Engels gesing word sodat almal dit kan verstaan – Give me hope Johanna van Eddie grant kom tersprake. Miskien moet een van ons begaafde kunstenaars n liedjie maak Give me hope Johannes.

Paul ·

Afriforum/Solidariteit het tog sekerlik nie gedink dat die Zuma lot sou toelaat dat Afriforum /Renata wen nie. Dit het gebeur omdat Afriforum/Solidariteit altyd net baklei om ‘n paar krummels van sy eie menseregte van Zuma se tafel te mag optel. Jy kan die Zuma lot nie in hul eie speletjie wen nie, selfbeskikking is die enigste antwoord.

Willie ·

Dit sal interessant wees wie was die regters op die bank wat uitspraak gegee het in hierdie saak!

James Bell ·

Hierdie utspraak laat my dink aan ‘n soortgelyke uitspraak van die appelhof ‘n paar jaar gelede tov die reg van munisipale owerhede om mense wat wel hulle krag en water rekeninge betaal het maar geweier het om munisipale belasting te betaal. Alhoewel die ANC gemaakte munisipale wet hier die rekeninge van mekaar geskei het en dit gevolglik heeltemal wettig was om the weier om belasting te betaal vir byvoorbeeld dienste wat nie ontvang is nie, het die appelregter in die guns van die owerheid besluit omdat hy voorsien het dat ‘n ander besluit chaos sal veroorsaak. Die feit van die saak is dat die howe altyd die owerheid die voordeel van die twyfel gee. Die individu trek altyd aan die kortste end.

mariaan benade ·

Ek is ook n polisiebeampte met sewe en twintig jaar en na vandag se beslissing is ek so teleurgesteld want ek weet ek sal nooit die voorreg he om weer bevorder te word nie het per geluk bevordering gekry enons het baie bekwame lede wit lede in die diens en ons is handjie vol wat is ons regte as ons dit nie eer kan gebruik nie want dit is nie demokraties nie dit is outakraties en mense kanstry soos hulle wil en rassisme is in werks plekke en as jy standpunt inneem is jy rassisties. Dit wys jou die konsitisionele hof se rasseverteenwoordiging is ook nie wonderlik nie . Solidariteit moet meer polisiestasies besoek en julle gaan bye korwe oopkrap want die breer prentjie sal gevorm word. Manupilering van statistieke indiens nemings kwotas honderd swat lede en bruin mense word soos die wit mense behandel. Offisiere met 10 jaar diens spring van kaptein na ltkol of na die volgende rang en as jy vra hoeko wor daar gese diaar moet daar oorgepraat word nie dit is cheap politics

Pieter Roux ·

Natuurlik sal ons almal teleurgesteld wees. Natuurlik is dit nie die uitspraak wat mens verlang nie. Maar die vraag kom telekns maar weer op: Wat verwag Solidariteit? Hierdie is nie die Afrikaner se land/staat nie. Om hierdie vrot bedeling te wil maak werk is om maar bloot jouself te flous. Miskien moet Solidariteit begin fokus op die stryd om selfbeskikking en besef dat hul eintlik net hulself met agterhoede gevegte besig hou. Rig asb. op die toekoms en skud die stof van julle voete af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.