Renate Barnard-saak: Oudio- en video-opname goedgekeur

Kol. Renate Barnard. Foto: Reint Dykema

Kol. Renate Barnard. Foto: Reint Dykema

Maroela Media se aansoek om video- en oudio-opnames te maak van Solidariteit se uiters belangrike regstellendeaksiesaak namens Renate Barnard teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens is deur die konstitusionele hof se mediakomitee goedgekeur.

Die saak word op 20 Maart in die konstitusionele hof aangehoor.

Verfilming sal in ooreenstemming met die mediariglyne toegelaat word. Volgens hierdie riglyne geld die volgende reëls:
a) Kameras moet teen 09:45 in die hofsaal opgestel wees; die hofdirekteur moet die plasing daarvan goedkeur en kameras mag nie tydens die verhoor verskuif word nie. Kameras mag nie op so ʼn wyse geplaas word dat dit inbreuk maak op die proses van regsargumente in die hof nie.
b) Die kameraspan moet die hofetiket eerbiedig en mag nie die hofverrigtinge onderbreek of daaraan afbreuk doen nie.
c) ʼn Volledige DVD-kopie van die televisiemateriaal moet binne een week na die verhoor aan die biblioteek van die konstitusionele hof verskaf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.