Renjaer sterf ná ongeluk tydens byeenkoms

Foto: Skermskoot/Google Maps

ʼn 47-jarige renmotorbestuurder is Vrydagaand oorlede nadat hy vroeër die dag in ʼn ongeluk betrokke was tydens ʼn byeenkoms by die Phakisa-renbaan in die Vrystaat.

Die Phakisa-renbaan is tussen Welkom en Odendaalsrus. Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het paramedici die byeenkoms bygewoon om mediese bystand te verskaf.

“Die renmotorbestuurder het met sy renmotor teen ʼn ander renmotor gebots waarna sy motor omgeslaan en verskeie kere gerol het. Die man was in ʼn kritieke toestand en moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word.”

Volgens Vermaak het die man ernstige kopbeserings en verskeie breuke opgedoen. Daar is onmiddellik noodbehandeling op hom toegepas voor hy na die Mediclinic Welkom gehaas is vir verdere mediese sorg.

Vermaak het gesê die man het ʼn paar uur ná sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.
Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

steven ·

Ek is inniglik jammer ou maat.Dit was n eer om jou by my troue te he en jou te sien race by die rock raceway.Jy het gat geskop in wat jy gedoen het en tot op die einde jou passie gevolg.Mag God jou siel seen en ons Snyders famielie sal jou nooit vergeet.Rus in vrede ou maat.

Leipers ·

Rest in peace, Sean. Jy het gedoen wat jy gelove het.
Ons sal jou nie maklik vergeet nie.

Innige simpatie vir die naasbestandes. Leiper familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.