Renoster bestorm stropers

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gesamentlike taakspan van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en privaat veiligheidsbeamptes het drie vermeende stropers in hegtenis geneem wat vermoedelik aangeval is deur die renoster wat hulle Vrydag op ʼn plaas in Bela-Bela (Warmbad) gejag het.

“Skote is in die renosterkamp gehoor en die span het vinnig reageer,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Twee renosters is geskiet, maar hulle het nie gevrek nie. Een van die renosters het die stropers gestorm en hulle gejaag en een van die persone se vuurwapen beskadig,” het hy bygevoeg. “Die stropers kon egter ontsnap en vyf stelle spore is gevolg tot drie verdagtes in hegtenis geneem is.”

Die polisie het tydens die inhegtenisneming beslag gelê op 270 koeëls.

Die verdagtes, onderskeidelik 32, 33 en 36 jaar oud, sal Maandag in die Bela-Bela-landdroshof verskyn. “Die ondersoek duur voort,” het Moatshe bygevoeg.

Enigiemand met inligting oor die twee voortvlugtiges word versoek om kol. Mokale te kontak by 082 565 6524.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ander Koos ·

“Welldone” renoster! Vertrou jy en jou maat oorleef en herstel. Sterkte aan almal wat hierdie afskuwelikke misdaad bestry.

Pieter ·

Ja Koos, so polities korrek gestel. Jammer renoster kon nie sy aanvallers met die selfde doel wat hulle gehad het, laat boet nie. Mooi so renoster.

Koos ·

Hoe kan enige iemand nou help met met inligting as die berig al weer so polities korrek moontlik geskryf is was die voortvlugtiges wit swart Chinees Pakistani ers Indiër.

Cherokee ·

5 Liter Bells vir haar!!! Sy stroop toe die stropers! Noem haar die stroper van stropers.

Ilze van Wyk ·

Dis nou jammer…..net ‘n vuurwapen is beskadig…..

DTA ·

Yes! Mooi so renoster! Ek hoop die ander twee word ook vinnig vasgetrek!

Kobus ·

Ek sien vandag ‘n ander berig, elders, die hele wêreld skree, “Olifante het genoeg gehad! Sluit ivoormarkte.”

Dan lees mens weer elke nou en dan berigte in Suid Afrika van Renoster”boere” wat skree, “Wettig die vekope van die horing!”

Kobus ·

Ek sien die opskrif van die skrywe waarna ek verwys lui, “Bring die saag.”

Kyk, nou vertel hulle mos gedurig vir jou jy moet die emosie uit die argument haal.

So kom ons doen dit nie en as leek wat net renosters se gedrag waarneem spel ek die realiteite uit. As ‘n renoster nie meer ‘n horing het nie, bly sy/haar gedrag dieselfde? Sal sy haar en die kalf nog net so met die horing wat nie meer daar is nie verdedig?

Gaan die instink nog daar wees.

En die kalf ? Later jare?

Hoe word die bul geaffekteer. Nee, nee, sê die ‘boere’ haal die emosie uit, ons wil bewaar.

Kobus ·

Ek sien nou renoster’boere’ het al die JSE genader om te kyk of hulle nie renosterhorings daar kan verhandel nie. Hoe siek en korrup wil ons wees. Dit hou net nie op nie, en raai wie is dit?

Mamparra ·

Vandat handel in ivoor wettig gemaak is en Sanparke die goed op veilings verkoop het is olifante nie meer bedreig nie. Dis hoekom die boere dit wil verkoop. Daar is baie horings in kluise regoor die land in privaat en staats besit. Verkoop dit en versadig die mark. Maar daar is elemente in die regering en boerdery wat baie lekker geld verdien uit die huidige situasie.

KarooKlong ·

Lekkerlees berig. Goed gedoen al die betrokke beamptes.

JWM ·

Eintlik moet hierdie berig alle voornemende stropers bereik as afskrik/waarskuwing.

Cherokee ·

Uh uh, nie die berig nie maar die renoster. Die renoster moet hulle bereik.

Alta Clarence ·

Dis nou wat ek noem selfverdediging. Laat dit vir hulle n les wees. Los ons renosters uit.

Ann ·

Dìt wil gedoen wees!!! Ek hoop dis ñ les vir ALLE renosterstropers daar buite – renosters is nie net “endangered” nie, hulle is DANGEROUS ook!! Los hulle!! Eendag is eendag gaan julle NIE so lig daarvan afkom nie. Jy dink jy is so magtig met jou wapen … Huh.

Marina ·

Mooi so renoster, tot hulle word nou so bietjie “moeg” vir die “mense” wat hulle so stroop.

Marina ·

Mooi so renoster, tot hulle is nou al moeg vir die dinge in die land lol

Scalla ·

Ek dink daar was nie net spore en n beskadigde geweer agtergelaat nie, ek ruik n rot

Theresa ·

Fantasties ma renoster! Dalk moet mens tyd spandeer en hul oplei om sodra hul snuf in die neus kry – te storm. Te gaffel en eers as als mooi stil is, weg te draf. Dit wat dalk wegkom moet weet iewers in die bos wag ‘n opgeleide leeu en trop hiënas…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.