Renoster gestroop in Noordwes

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Renosterkoei is op ʼn private wildsplaas in Koster in Noordwes vir haar horing doodgemaak.

Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die renoster is al sowat drie weke gelede met ʼn hoëkaliber-geweer doodgeskiet en onthoring.

Volgens die eienaar van die plaas het hy die renoster vroeër vandeesmaand die laaste keer gesien. Een van die eienaar se werknemers het op die karkas afgekom tydens ʼn roetine-patrollie op die plaas. Dit is nog nie duidelik hoe die stropers toegang tot die plaas verkry het nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek gaan voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

H de Jager ·

Agter die Soutpansberg word gemiddeld 2 per week gestroop. En dit haal nie eers meer die nuus nie.

erica roos ·

Ons vervoer Renosters en dis hartverskeurend om op ‘n ou se plaas aan te kom en Renosters daar te moet oplaai en wegvat wat soms tot 25 jaar al deel van hulle lewens was, dis soos moord en verkragting deel van ons lewens niks meer vreemd of snaaks, ons lees dit en se siestog en later vergeet jy maar daarvan

carin ·

Dis so hartseer en so onnodig! Ek dink daar word baie meer renosters gestroop as waarvan ons hoor. Natuurreservate gaan nie uitbasuin as daar ‘n renoster(s) gestroop is nie – dit sal toeriste afskrik.

Nadia Verster ·

Dit breek my hart. Die gulsigheid van die mens. Sal vernietig tot daar niks meer oor is nie. Lewe beteken niks.

SNEL ·

Dis so hartseer dat die pragtige diere vir geen rede vermoor word nie. Erica, ek weet nie hoe hou jy dit nog om so te werk en al die wreedheid te beleef nie, dit skeur n ou se hart in stukke en ek sien dit nie eers van aangesig tot aangesig nie. Ek dink dit moet vreeslike wees om diere wat al so deel is van mense te verwyder vir hulle veiligheid. My dogtertjie moes n voorlegging doen die naweek oor n bedreigde spesie, op een van die sites was dit fotos op fotos van renosters en olifante wat so erg verniel is vir hulle horings, my hart wou skeur. Niks in ons pragtige land is meer veilig nie. Sterkte en baie dankie vir almal wat ons pragtige diere probeer veilig hou. Julle doen n wonderlike werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.