Renoster op wildplaas by Dorset gestroop

Die renoster is op ‘n plaas in Limpopo gestroop. (Foto: SA Polisie)

Die polisie in Dorset in Limpopo is op die spoor van vermeende onwettige jagters wat ʼn renoster op ʼn wildplaas doodgeskiet en van sy horing gestroop het.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn werker op patrollie het Vrydag op die dier op die plaas in die Lephalale-omgewing (Ellisras) afgekom.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om AO Van Heerden by 082 414 2337 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Christo

Maak my woedend!

Pieter

Dié gebeur nogal gereeld in die Dorset area. Te siek daad om te verwoord. Genepoel raak al hoe kleiner van renosters. Sulke stropers verdien die doodstraf voor sononder, asook diegene betrokke in die netwerk.

Sênet

Wens mens kan die reńoster ń gelyke kans teen die stropers gee. Ek kan aan ñ paar maniere dink die stropers sal’daarvan hou nie