Die karkasse van ʼn renoster, haar kalf, en ʼn sebra is in Saterdag in die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria opgespoor. Die diere het doodgeskok toe ʼn Eskom-spantoring in die park omgeslaan het.
Dana Wannenburg, burgemeesterskomiteelid vir die omgewing, het gesê die tragedie het Vrydagaand plaasgevind. Die diere is Saterdagoggend tydens ʼn roetinepatrollie gevind.
“Dit is nog nie duidelik waarom die hout spantoring omgeslaan het nie. ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat een been van die tweebeenstruktuur ongeveer 1,5 m bo die grond ingestort het, en dit het veroorsaak dat die oorhoofse kabels in kontak kom met die diere wat in daardie stadium onder die spantoring gestaan het,” het Wannenburg verduidelik.
“Eskom-tegnici is reeds op die toneel om die spantoring te herstel en die oorhoofse kabel te herstel.”
Wannenburg het gesê natuurbewaringsbeamptes sal nou saam met Eskom werk om die oorsaak van die ineenstorting te bepaal en alle ander strukture sal vir foute nagegaan word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Dankie tog…nou weet ons waar Eskom se fout is…hul drade is net deurmekaar….
Dankie tog iemand het Eskom se probleem gevind! So hul drade was net biekie deurmekaar dws geen meer loadshedding! Dankie aan Eskom se wereld klas tegniese span jul is ons lig in die leewe.
Houtspantoring? Hello? Wanneer laas was daardie hout behandel om die elemente te weerstaan?
Eskom kos ons nou al bedreigde diere!!!! As daar gereelde onderhoud gedoen was kon hierdie tragedie vermy gewees het.
Dit is hartseer, ek het verlede Saterdag vir daardie kleintjie gekyk hoe huppel hy, te mooi en nou is hy dood agv onbevoegde onbekwame mense. Dankie Eskom