Renosterdele op plaas gevind: Sakeman hoor oor borgtog

Antonio Freitas. Foto: SAPD

Antonio Freitas. Foto: SAPD

Uitspraak is Woensdag gelewer in die borgtogaansoek van Antonio Freitas (55), die sakeman van Lephalale, wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde onwettige jag van renosters.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Freitas is op borgtog van R250 000 vrygelaat. Sy borgtogvoorwaardes sluit onder meer in dat hy nie die Lephalale-distrik sonder toestemming van die ondersoekbeampte in die saak mag verlaat nie, nie met enige getuies mag inmeng nie en ook sy twee paspoorte moet inhandig.

Freitas word ook verbied om die plaas Ringbult in die Steenbokpan-gebied binne te gaan. Die polisie het verlede week met ʼn soeklasbrief op die plaas toegeslaan en op sewe renosters se sterte, gedeeltes van hul bene en die renosters se vleis in vrieskaste afgekom. Renostervelle is ook op die plaas gevind.

Mojapelo het gesê die polisie ondersoek bewerings dat die renosters in November verlede jaar op die plaas doodgemaak en onthoring is. Die renosters is na bewering met vragmotors na die plaas gebring. Die polisie ondersoek nog waar die renosters vandaan gekom het.

Freitas sal op 2 Maart weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ellisras Plaasmeisie ·

Nee!! DOODSTRAF VIR DIE WAT MENSE VERKRAG EN BEROOF EN AANRAND!

Irene ·

Groot fout om borg tog toe te.laat. kan nou weer planne maak. Ai een van die dae sal ek nie my klein kinders die groot 5 kan wys nie. Tot leeus word nou gestroop. Wat gaan aan met die mense???

Scalla ·

Irene, jy moet nie vergeet van die donkies nie, siek mense wat betrokke is.

Francois ·

Dis hoekom hy so n “belangrike” “ryk” sakeman is……oor skelmgeit

Ellisras plaasmeisie ·

Hy is nie “ryk” en “belagrik” omdat hy skelm is nie! Hy is nie n slegte mens nie hyt net n slegte ding gedoen!! Niks maak een van julle beter wat daar sit en oordeel nie! Ek ken die oom persoonlik en ek weet wie en wat hy is!! Pasop wat julle oor ander uitspreek!! En ja wat jy saai sal jy maai maar dit tel vir julle ook!! Wie is julle om hom nou te kan oordeel? Ons is almal mens en ons almal maak foute!! Laat die een wat dan sonder sonde/foute is dan die eerste klip optel en hom gooi!!!!

Wouter ·

alte netjiese kerel. Vooraanstaande lid van die gemeenskap.

miv ·

Uitlanders wat met besighede hier in ons land kom ryk word het, nou steel hulle nog wild ook. Verban hom uit die land uit!

Ellisras Plaasmeisie ·

Hy het GEEN wild gesteel nie!! Hy het vir die renosters betaal MET SY EIE GELD WAARVOOR HY SELF GEWERK HET!!!!!!!

Liendempers ·

Kan ons nie maar verkondig dat rot naels, vlieg pote, muskiet tande en muggie agterkwarte magiese genesingsmiddels is wat alles wat klein is en wil werk nie, sal versterk. Dan raak ons sommer van al die pes ontslae dieselfde tyd.

sarie van heerden ·

Wat besiel enige opgevoede en ek neem aan, geleerde en vooraanstaande sakeman om te daal tot die vlak van ‘n dierestroper? Hiervoor is geen antwoord.

student ·

Ons mens met renosters mag boer en wettig die horings uitvoer sal die renosters nie so uitgewis word soos nou nie. As mens nie iets kan beheer nie, en dit is duidelik dat ons NIE die stropery kan beheer nie, moet mens dit wettig maak. Die prys van renosterhoring sal val ,en daar sal mense sal nie meer bereid wees om sulke kanse te vat nie.

Ralie Vermeulen ·

Ek kannie glo hy kan ook so wreed wees nie.Hell man hys dan so goeie mens,al my respek vir hom verloor.Maak geld deesdae die mense mal en wreed

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.