Renosterhoring is ʼn “statussimbool”

Argieffoto

Argieffoto

“Dit is ʼn status in die samelewing,” het Quyen Vu tydens ʼn perskonferensie by die Kruger-wildtuin gesê. “Mense word ryk deur onwettige handel. Sindikate spog met hul opbrengs uit misdaad deur onder andere luukse motors, groot huise en duur klere.”

Vu is die stigter en direkteur van Omgewingsopvoeding Vietnam, ʼn nie-regeringsorganisasie wat gemeenskappe oor omgewingsake oplei.

Vietnam is die kern van onwettige handel in renosterhoring en dit vorm deel van die eeueoue gebruik van tradisionele Chinese medisyne as ʼn genesingsmiddel vir ʼn verskeidenheid van koorse.

Vu het dit benadruk dat daar geen bewys is dat die materiaal van die renosterhoring enige siekte kan genees nie. “Ryk mense wat desperaat is om ʼn siek geliefde te help, probeer soms renosterhoring as ʼn laaste uitweg,” het hy gesê. “Dit is baie duur en nie toeganklik vir meeste mense in Vietnam nie.”

Die regering in Vietnam werk saam met nie-regeringsorganisasies, die media en bekendes om die boodskap te versprei. “Die regering het sy beleid en wetgewing aangepas om renosterhoringsmokkel te verhoed. Smokkelaars word ook swaarder gestraf.”

Die regering is ook in vennootskap met handelaars van luukse motors, hotelle en restaurante om die onwettige mark te sluit. “Ons wil die kopers en die smokkelaars stuit,” het Vu bygevoeg.

Meer as 730 renosters is vanjaar al deur stropers vir hul horings doodgemaak. Meer as 1 000 renosters is verlede jaar gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jean ·

Wel siende ons dit wettig gemaak het om meer as 1000 vlees en bloed babas te vermoor elke week, weet ek nie of mens baie simpatie vir die 1000 dooie renosters ‘n jaar kan verwag nie. ‘n Mens wat ‘n renoster se lewe hoër ag as ry buurman se kind s’n het tog seker êrens ‘n skroef los of hoe? Wou ons dan nie vryheid van geloof handhaaf nie? Die viëtnamese toordokters het immers ook muti nodig. Ek sê julle wat. Om die renosters te red hoef julle net hulle wys te maak dat ongebore babas beter medisyne as horings maak. Ons het duisende van hulle. Sien? Ek is al so lank ‘n mens dat ek al soos een dink. Hulle sê alewig die duiwel is lustig, maar ons is nog meer so. Ek dink nie God is beïndruk nie. En wanneer julle kort voor lank ‘n human chain om die laaste renoster gaan hou, gaan julle nog steeds die viëtnamese blameer in plaas van julle self.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.