Renosterhorings op wildsplaas gesteel

Argieffoto

Die Oos-Kaapse polisie is op soek na vier verdagtes wat Donderdag twee renosterhorings van ʼn wildsplaas in die Uitenhage-gebied gesteel het.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê die rooftog het omstreeks 10:40 plaasgevind. “Daar word beweer dat vier mans met gewere die deur van ʼn stoorkamer op die plaas oopgedwing het en die twee renosterhorings verwyder het. Die horings was afkomstig van ʼn renoster wat ongeveer ʼn maand gelede dood is,” het Swart gesê.

Sy het gesê die verdagtes het in ʼn voertuig van die toneel gevlug.

ʼn Spesiale taakspan is intussen saamgestel om misdaadvoorvalle op die plattelandse gemeenskap in die Uitenhage-gebied te ondersoek.

“Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor waar die verdagtes of die renosterhorings is om dit dadelik by die polisie aan te meld,” het Swart gesê.

Sake van huisbraak en diefstal word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Michael ·

Beter beskrywing van die verdagtes sou miskien help dis om te se my kar is gesteel sal die publiek asb uitkyk vir hom en die polisie laat weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.