Renosterhorings van miljoene rande gesteel

Argieffoto

Argieffoto

Nagenoeg 40 renosterhorings ter waarde van miljoene rande is uit kluise by die Mpumalanga-toerisme-en-parke-agentskap (MPTA) se kantoor in Nelspruit, Mpumalanga gesteel.

Volgens ʼn berig in die Laevelder is die horings oor die naweek uit die kluise gesteel. “Die skuldige, of skuldiges, het twee staalkluise wat met ʼn dubbelslot gesluit was oopgesny,” het ʼn bron in die MPTA gesê.

Die MPTA en die polisie kon nie Maandag vir kommentaar bereik word nie. Dex Kotze, ʼn omgewingsbewaarder en uitvoerende hoof van Jenna Clifford, sê die waarde van die gesteelde horings is moontlik meer as R168 miljoen.

Meer as 270 renosters is reeds vanjaar in Suid-Afrika vir hul horings gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Ondersoek julle eie mense want wie anders weet waar die horings gebere word korup

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.