Renosterhoringverkope swakker as verwag

Argieffoto (Foto: Rhino Horn Auction)

ʼn Wettige renosterhoringveiling wat uit Suid-Afrika aangebied is, het nie die aantal kopers gelok wat verwag is nie, het die organiseerders Sondag gesê.

“Daar was minder bieërs en minder transaksies as wat verwag is,” het John Hume, eienaar van ʼn renosterplaas, in ʼn verklaring gesê wat deur sy prokureurs uitgereik is. “Die wettige plaaslike handel is egter nou hervestig en dit baan die weg vir toekomstige transaksies.”

Hume se prokureurs wou nie bekend maak hoeveel bieërs deelgeneem of watter bedrae betaal is nie. Alle bieërs het die korrekte permitte gehad om aan die omstrede veiling deel te neem, aldus die verklaring.

Alhoewel Suid-Afrika plaaslike renosterhoringverkope toelaat, bly ʼn vier dekades lange internasionale handelverbod van krag. Die veiling, wat Woensdag tot Vrydag plaasgevind het, is met streng voorwaardes deur die departement van omgewingsake gemonitor.

Hume het gesê die vertraging om die permit te bekom, het moontlik bieërs verhinder en ontmoedig. Die departement was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

ʼn Suid-Afrikaanse hof het verlede week in Hume se guns beslis en die omgewingsowerhede opdrag gegee om ʼn veilingspermit vir hom uit te reik. Hume besit die wêreld se grootste renosterplaas in Noordwes, Suid-Afrika met ongeveer 1 500 renosters.

Die teler sny gereeld die horings van sy renosters af om stropers te ontmoedig. Hy het ses ton renosterhoring bymekaargemaak en het beplan om 500 kg tydens sy eerste veiling te verkoop.

Suid-Afrika het nagenoeg 20 000 renosters. Ongeveer 1 050 renosters is verlede jaar gestroop. Dit is laer as die 1 175 in 2015, volgens die amptelike syfers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johanna Botha ·

Hulle wil goedkoop betaal vir die ou wat uitgaan en dit stroop as n markverwante prys op n veiling…..

Johann Marx ·

Wat wil mens maak met ‘n “wettige” renosterhoring waarvoor jy ‘n permit moet bekom, teen ‘n addisionele koste, van die departement van Omgewingsake? Die “waarde” van ‘n renosterhoring lê in die feit dat dit gesmokkel kan word na die Oosterse lande waar dit in aanvraag is as onder andere seksdrang-stimulant. As jy dit “wettig” bekom, dit verantwoordelik moet oppas, en die nodige papierwerk daarvoor moet hê…….en jy kan dit nie daarmee smokkel nie, is dit half nikswerd…

Voorlaaier ·

Wat maak mens met renoster horing in SA.?…..Niks nie…….Die Chinese en Viernamese wil die goed uitvoer na hulle lande toe..wat volgens die ooreenkoms nie wettig is nie……

johan II ·

Ek het nog n teorie gehoor, dat mense dit opgaar in die ooste met die hoop dat dit baie werd gaan word sodra (wanneer) die renosters uitsterf. Mense wat dit koop ondersteun dus met opset die onwettige jag sodat dit moet uitsterf…net n teorie, die besigheid maak nie v my sin nie.

Die natuur moet vir mense n waarde hê, anders het dit nie bestaansreg nie. Ek sien anderdag n plakker op n kar wat lees “help stop lion hunting” en ek dink by myself, vandat leeu jag wettig is is daar weer honderde leeus in die vrystaat, waar hul vroër amper heeltemal verdwyn het…gee die goed waarde in wat se vorm ook al en iemand sal dit volhoubaar aanhou.

Hahahaha ·

EK IS SO bly die verkope was so vrot. Ek hoop dit raak nog vrotter. Maar nee almal (nie diereliefhebbers) vertel jou mos die diere sal minder gejag word as die horings wettiglik verkoop kan word en blah blah blah …daar is nou vir julle ‘n bewys NIEMAND wil die goed wettiglik besit of aankoop nie, almal wil dit op die swartmark verkoop waar die geld beter is .. julle is almal ‘n spul clowns wat die MOORD op pragtige diere goedkeur vir horings wat niemand nou blyk te wil he nie , VERAL nie binnelands nie, wat maak ‘n Suid Afrikaner met ‘n renosterhoring? Ons almal weet wie wil dit he, die VERRE OOSTERSE mense, en hulle wil handel daarin dryf en dit UITvoer en INvoer en maak wat hulle daarmee wil .. EK LAG VIR JULLE, om enige MOORD op ‘n dier te regverdig deur dit WETTIG te laat jag het julle nou gesien bom lekker in julle gesigte. GOED SO!!

Hans Richardt ·

Meeste sg omgewingsbewaring skapies kan nie vir enige-iemand verduidelik wat die ekologiese doel van renosters is nie. ‘n Doel het Niks met diversiteit te make nie!
Verder, as ek honderde springbokke het, hul jaarliks slag vir supermark, is dit “volhoubare ekologiese boerdery”! Waarom kan die renosterboer dan nie sy horings verkoop nie? Niemand braai tog renoster steaks nie…maar wel volstruis of krokodil steaks. Niemand gooi vloermoer oor “diversiteit” oor eksotiese vleis restaurante nie!

Johannes Meintjes ·

Na mening is dit juis die totale smokkelhandel en winsgewende “sekuriteit” op wildplase en in wildtuine wat iets in talle se sak plaas (as deel van die internasionale skadu ekonomie en swartmark) wat misdaad baie meer aantreklik maak (ook vir amptenare) as die renosterhoringveiling.

Janine du Plessis ·

Ek dink die renoster het sy horing self nodig anders sou hy/sy nie daarmee geskape gewees het nie. Mnr. Hume het gereken hy kan vinnig ryk word uit hierdie arme diere se pyn en angs (wanneer hul verdoof en rondgepluk word), maar SA stel net belang in mooi, heel diere. Daarvoor sal die natuurbewaarders selfs die stropers doodskiet. Punt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.