ʼn Renosterkarkas is by die Mapungubwe-wêrelderfenisterrein naby Musina in Limpopo opgespoor.
“Die renosterbul se karkas is Woensdag opgespoor,” het Reynold Thakhuli, woordvoerder vir SANParke, Donderdag gesê. Hy sê dit is die eerste stroopvoorval wat in die park aangemeld word. “Ons is ontsteld oor die verlies van die renoster en sal onverpoosd werk om die skuldiges aan te keer.”
ʼn Stroper is Woensdag in die landdroshof in Nelspruit tot 77 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy drie renosters in die Kruger-wildtuin in 2011 gestroop het.
Die polisie en SANParke sal saam die voorval in Mapungubwe ondersoek.
Die skuldiges vastrek ha ha