Renosterkoei en kalf in Namibië gestroop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Swartrenosterkoei en haar kalf is in die noordweste van Namibië vir hul horings gestroop.

Barry de Klerk, woordvoerder van die Namibiese polisie, het gesê die renosterkoei en haar kalf is in Damaraland gestroop.

“Die koei en haar kalf se karkasse is op 21 Desember tydens ʼn roetine-patrollie deur die Save The Rhino-trust gevind. Albei is doodgeskiet. Die karkasse was drie tot vier dae oud,” het De Klerk gesê.

Daar is die afgelope twee maande drie renosters in Namibië se wêreldbekende Etosha Nasionale Park gestroop. Volgens die polisie is daar vanjaar reeds 24 renosters in Namibië gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ina Vogel ·

Ek kan tog nie die woord “stroop” verstaan nie. Ek onthou as kind is die blare van die suikkerriet af gestroop. Dit verstaan ek. Ek dink die woord vertel glad nie die ware verhaal nie.
Die arme stomme diere word op barbaarse wyse wreedaardig vermink en word deur gewetenlose monsters vermoor of halfdood agtergelaat om dood te bloei. As mense net kan ophou om Afrikaans te wil vertaal sodat dit soos Engels moet werk – sal dit sommer beter gaan met ons taal. Sulke woorde verdoesel net die waarheid.

JZ ·

Vergiftig die horings,dat n paar van die sterf wat die probleem veroorsaak soos die renosters sterf. Glo dit sal hulle in hul spore stuit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.