‘Renosterminister’ onder skoot oor #FeesMustFall-leier se besoek

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS

Die Demokratiese Alliansie het Vrydag gesê hy het ʼn klag by die openbare beskermer ingedien teen die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo, dat hy vir die parlement gejok het.

Mike Waters, adjunk hoofsweep van die DA, het Mahlobo verkla omdat hy vandeesweek aan die nasionale vergadering gesê het die #FeesMustFall-leier Mcebo Dlamini was nooit by sy huis nie.

Waters het gesê dit is ʼn “blatante leuen” en dit beteken die minister het die parlement mislei, want net ʼn paar dae tevore het Mahlobo die presiese teenoorgestelde aan ʼn paneelbespreking gesê.

“Mahlobo vergeet blykbaar dat hy sy verhouding met Dlamini bekend gemaak het toe hy, op 14 November tydens ʼn paneelbespreking van die Instituut vir Veiligheidstudies, verklaar het: “En ek ken Mcebo [Dlamini]. Hy was al ʼn paar keer by my huis.”

Waters het gesê Mahlobo laat mens wonder of hy ook eerlik was in sy verklarings oor berigte wat hom met ʼn renosterhoringsmokkelaar verbind. “As mens in ag neem hoe vol vertroue Mahlobo gejok het oor sy verhouding met Dlamini, kan mens maar net wonder of sy ontkenning, dat hy vriende is met ʼn selferkende misdadiger en renosterhoringsmokkelaar, Guan Jiang Guang, nie ook net so oneerlik is nie.”

Die kabinet het Donderdag bevestig dat die polisie bewerings ondersoek wat aan die lig gekom het in ʼn Al Jazeera-dokumentêr wat die minister met Guan verbind. In die dokumentêr spog Guan oor sy vriendskap met Mahlobo.

Mahlobo het aan die parlement gesê hy gaan nie bedank in reaksie op die bewerings nie. Hy ontken nie dat hy Guan se Mbombela Spa in Mpumalanga besoek het nie, maar beweer hy het nie geweet wie die eienaar is nie.

Lees alle vorige berigte oor David Mahlobo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann ·

Die vlak waarop daar nou gelieg word is van psigopatiese aard!!!! So waaragtag dat iemamd SO lieg dat hy homself glo. Vilgende word hy buite konteks aangehaal…of wat is nou ins ossue met.sy pelle? Ek wil net graagbweet WAT of WIE soek die minister en blykbaar n paar ande Zumaikies.in DIENspesifieke “spa”???????

Taal ·

Eintlik is die woord ‘jok’ om te ‘joke’. Dus om ‘n grap te maak. Die woord is om te LIEG en niks anders.

Jan maak n plan ·

So kom hulle ware kleure uit – een vir een. Klomp skelms!

snoefie ·

sal my glad nie verbaas as due studente betogings staatsgeinspireerd is nie. dan is die rede hoekom hulle nie vervolg word tot die laaste letter van die tereg mos voor die handliggend. wat ek nie kan kop nie is wat die doel van die verwoesting is. hulle verdien almal gratis studie aan inisiasieskole. dalk kan hulle daar n voorvel kampus en koshuis bou.

Rocky ·

Ek weerhou my om kommentaar te lewer. Dit sal my 27 jaar op Robbeneiland kos!

Johann ·

Ergste is: hoe en hoekom is hand om die blaas met DIE instigater van brand en breek klippegooi en onstabiliteit op kampusse??????? Minister van STAATVEILIGHEID? En hoekom DIE spesifieke “spa”? Uiters kommerwekkend weer as minister van staatsveiligheid? Oneetend van wie die eienaar is??????

Johann ·

Was hy ensy bloulig brigade nie ook betrokke by n insident onlangs nie?

andrea van vuren ·

Klaas volg sy baas se voorbeeld. Parlement gee vrye toegang om te lieg en bedrieg soos jy verkies!

Barend ·

Hoekom gebruik Maroelamedia, en Pretoria fm ook, deurgaans die woord jok wanneer iemand gelieg het. Die woord jok is dieselfde as die Engelse woord joke. Die minister en al die ander maak nie grappies nie, hulle lieg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.