Renosters gaan nie nou skuif nie

Argieffoto Foto: isotherm.co.za

Argieffoto Foto: isotherm.co.za

SANParke het Saterdag bevestig dat renosters nie vanjaar uit die Kruger-wildtuin geskuif kan word nie.

“Ons het die ideale tydperk om hulle te skuif, gemis,” het Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, aan Sapa gesê. “Dit raak nou al hoe warmer. Die beste tyd om hulle te skuif is in die winter.”

Phaahla het gesê ʼn plan om die renosters te skuif moet nog eers deur die raad van SANParke goedgekeur word.

Die renosters sal geskuif word om hul getalle op te stoot en hul veiligheid teen stropers te verseker. “Hulle sal moontlik volgende jaar geskuif word,” het hy bygevoeg.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het op 12 Augustus die plan aangekondig dat die renosters aan die oosgrens van die Kruger-wildtuin geskuif sal word. Sy het gesê haar departement oorweeg ook om van die renosters na ander lande te skuif. “Dit sal hoofsaaklik binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap plaasvind,” het sy gesê. “Ons is reeds in gesprek met Botswana en Zambië.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.