Renosters in Limpopo-reservaat gestroop

Twee renosters is in die reservaat in Limpopo gestroop. (Foto: SA Polisie)

Die stropers wat Maandagaand ʼn renoster in ‘n natuurreservaat in Limpopo gestroop het, is steeds op vrye voet.

Kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder, het gesê die onbekende getal verdagtes het vroeër die week op die reservaat naby Lephalale (voorheen Ellisras) toegeslaan.

Wildbewaarders was Dinsdag op patrollie in die gebied toe hulle op die karkasse van ʼn witrenosterbul en -koei afgekom het. Die polisie is dadelik ontbied.

Die renosters is doodgeskiet en onthoring.

Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om kol. Alphius Mokale by 082 565 6524 of die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te bel.

ʼn Grootskaalse soektog na die stropers duur intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.