Renosters in Namibië gestroop

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die karkasse van twee renosters, wat vir hul horings doodgemaak is, is die afgelope twee weke in die Etosha-wildtuin in Namibië opgespoor.

“’n Karkas is verlede week naby die Ombika-watergat in die westelike deel van die wildtuin gevind. Die ander karkas is Sondag opgespoor,” het Romeo Muyunda, die wildtuin se woordvoerder, Vrydag gesê.

“Die karkasse is tydens ‘n roetine-patrollie gevind. Altesaam drie renosters is reeds in die wildtuin vir hul horings doodgemaak. Die eerste een is ʼn maand gelede doodgemaak.”

Altesaam 20 renosters is sedert die begin van die jaar in Namibië gestroop. Verskeie plaaslike koerante het Donderdag die nuus op hul voorblaaie gepubliseer, en kritiseer die plaaslike owerhede omdat die inligting nie aan die publiek bekend gemaak word nie. Die tersaaklike departement het nog nie die ontdekking van die twee karkasse aangekondig nie.

“Namibië is vinnig besig om sy reputasie as ʼn toerisme-aantreklikheid, en goeie rekord rakende natuurbewaring te verloor,” het ʼn plaaslike toeroperateur gesê. “Iets sal drasties gedoen moet word om renosterstropery in die land hok te slaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.