Renosters in Pta-natuurreservaat doodgemaak

Argieffoto Foto: viechfisch, Pixabay

Argieffoto Foto: viechfisch, Pixabay

Twee renosters is Donderdagaand in die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria doodgemaak.

Blessing Manale, woordvoerder van die Tshwane-metro, het aan Maroela Media bevestig die renosters is doodgemaak en die departement van omgewingssake is op die toneel om dit te ondersoek.

“Inligting is nog skaars. Dit is nog nie duidelik hoeveel mense by die voorval betrokke was en of die renosters se horings gestroop is nie,” het hy gesê. Die geslag van die renosters en hul ouderdomme is ook nog nie bekend nie.

Manale het gesê meer inligting sal uitgereik word sodra dit beskikbaar is.

Die plaaslike polisie het navrae na die nasionale polisiewoordvoerder verwys. Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Moeg vir stopers

My grootste wens in hierdie wereld is dat simpel stropers ons land se pragtige renosters moet uitlos! Dit is so sleg om te dink dat in n paar jaar sal ons vir ons kinders in boeke moet wys hoe n renoster gelyk het, en nie self in die natuur kan ry en sy skoonheid eerstehands kan ervaar en waardeer nie. Dit maak seker nie vir hulle saak dat die spesie besig isom uit te sterf nie… kom ons voeter die natuur op want dit is mos nie myne nie! Wens ons as natuur liefhebbers kan meer doen! Dit breek my… Lees meer »

M'Lady

Is daar dan geen sekuriteit by hierdie reservaat om die renosters op the pas nie? Vra maar net. Nog twee renosters vir ewig weg.

m

Partykeer wonder mens of die mense wat by die reservate werk nie ook ma betrokke is nie. Hulle weet mos baie goed waar die renosters wei en kan mos maklik vir die stropers se waar op te gaan soek. Hoe is dit dat dit so maklik is vir hierdie mense om die renosters so te stroop en niemand hoor of sien kamstig nooit niks nie………. wonder ma net.

Ekwilibrium

So much vir die wettiging van die verkoop van renosterhoring… Verval is alles se voorland hier.

alida

Siek spul. Natuurlik is dit ‘n inside job. Die reservaat is nie sooo groot dat daar nie behoorlik toesig gehou kan word nie. Dit is tragies.