Renosters in Pta-natuurreservaat doodgemaak

Argieffoto Foto: viechfisch, Pixabay

Argieffoto Foto: viechfisch, Pixabay

Twee renosters is Donderdagaand in die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria doodgemaak.

Blessing Manale, woordvoerder van die Tshwane-metro, het aan Maroela Media bevestig die renosters is doodgemaak en die departement van omgewingssake is op die toneel om dit te ondersoek.

“Inligting is nog skaars. Dit is nog nie duidelik hoeveel mense by die voorval betrokke was en of die renosters se horings gestroop is nie,” het hy gesê. Die geslag van die renosters en hul ouderdomme is ook nog nie bekend nie.

Manale het gesê meer inligting sal uitgereik word sodra dit beskikbaar is.

Die plaaslike polisie het navrae na die nasionale polisiewoordvoerder verwys. Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Moeg vir stopers ·

My grootste wens in hierdie wereld is dat simpel stropers ons land se pragtige renosters moet uitlos! Dit is so sleg om te dink dat in n paar jaar sal ons vir ons kinders in boeke moet wys hoe n renoster gelyk het, en nie self in die natuur kan ry en sy skoonheid eerstehands kan ervaar en waardeer nie. Dit maak seker nie vir hulle saak dat die spesie besig isom uit te sterf nie… kom ons voeter die natuur op want dit is mos nie myne nie! Wens ons as natuur liefhebbers kan meer doen! Dit breek my hart dat die mensdom so selfsugtig is vir n mite wat nie bewys kan word nie. Siek mense in ons wereld!

M'Lady ·

Is daar dan geen sekuriteit by hierdie reservaat om die renosters op the pas nie? Vra maar net. Nog twee renosters vir ewig weg.

Paul ·

Wie moet daarvoor betaal, M’Lady?

Of gaan jy dalk self vrywillig jou lewe daar waag as sekuriteitswag? Is jy lief genoeg vir renosters om dit te doen?

M'Lady ·

Paul, die Tswane munisipaliteit kan daarvoor betaal. Hulle mors genoeg geld. Die heinings kan geelektrifiseer word onder andere. Ja ek sal my lewe waag om my erfenis vir my en jou kinders te bewaar.

m ·

Partykeer wonder mens of die mense wat by die reservate werk nie ook ma betrokke is nie. Hulle weet mos baie goed waar die renosters wei en kan mos maklik vir die stropers se waar op te gaan soek. Hoe is dit dat dit so maklik is vir hierdie mense om die renosters so te stroop en niemand hoor of sien kamstig nooit niks nie………. wonder ma net.

Ekwilibrium ·

So much vir die wettiging van die verkoop van renosterhoring… Verval is alles se voorland hier.

alida ·

Siek spul. Natuurlik is dit ‘n inside job. Die reservaat is nie sooo groot dat daar nie behoorlik toesig gehou kan word nie. Dit is tragies.

Jolandie ·

Ons ry elke oggend en middag daar verby en die renosters is ‘n groot aantrekkingskrag vir ons almal. Dit is altyd ‘n opgewondenheid as ons hulle daar sien rondloop, so amper in die stad. Mag die stropers op hulle herrie kry. Die reservaat moet die leeus daar loslaat dat hulle bietjie mensvleis kan proe!!! :(

Karin Bloem ·

Ek is so hartseer om hierdie berig te lees. Ek het tien jaar lank baie naby die Rietvlei-natuurreservaat gewoon en onthou nog toe hulle die eerste keer daar aangekom het. Ek het amper in ‘n groot bloekomboom vasgery in my opwinding om renosters daar te sien! Ek het meeste middae oppad van die werk af eers daarlangs gery om na ‘my’ renosters te gaan kyk. Wat ‘n wonderlike gesig as hulle naby die grens gewei het en ‘n mens hulle kon sien.

LTVW ·

Wonder maar net hoekom die Tshwane Metro se woordvoerder met die media praat as hy GEEN inligting kan gee nie.
Is dit dan so moeilik om te sien of die renosters ONTHORING is…? #WonderNet

Alwyna ·

Met die ongeluk op die snelweg Dinsdag het ek Bapsfontein oorgery. Die Lang tou motors was alles die moeite werd want n paar renosters het naby die heining gewy. Snaaks ek het nog gewonder of hulle veilig is om so na aan die heining te wees. Hoe siek is dit darem nie!!!

Alwyna ·

Met die ongeluk op die snelweg Dinsdag het ek Bapsfontein oorgery. Die Lang tou motors was alles die moeite werd want n paar renosters het naby die heining gewei. Snaaks ek het nog gewonder of hulle veilig is om so na aan die heining te wees. Hoe siek is dit darem nie!!!

Grap ·

Die tshwane metro se prioriteite was nog altyd onder verdenking het nog nooit gesien dat hulle proaktief is nie.Hulle sal nou verskonings hê oor die voorval,iemand beskuldig en dan ooreenkom om die voorval te ondersoek en niks daaraan doen nie want dit is hoe hulle rol

Johan ·

Laat mens se bloed net meer en meer kook. Die land en sy cANCer maaitjies verwoes net alles en almal se lewens. Soos ek se, enigste oplossing is n oorlog want hoe langer ons moet uithou en aanhou hoe langer word meer mense en diere vermoor en verkrag in die land. Dis wetteloosheid wat meer reg het as ander in die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.