Renosterstroop-sindikaat: Wagte glo vergiftig

Die tien verdagtes tydens hul eerste hofverskyning. Foto: @LielaMagnus op Twitter.

Die tien verdagtes tydens hul eerste hofverskyning. Foto: @LielaMagnus op Twitter.

Hugo Ras, die vermeende baasbrein agter ʼn renosterstroop-sindikaat, het glo gif in kos gesit en dit vir veiligheidswagte by reservate gegee sodat dit hulle kan lomerig maak en renosters dan geteiken kan word, het Beeld Dinsdag berig.

Dié bewering is vervat in die verklaring van kol. Johan Jooste, die nasionale bevelvoerder van die bedreigdespesies-eenheid. Jooste het aangevoer dat Ras nie op borgtog vrygelaat moet word nie. Ras het Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Ras en sy medebeskuldigdes het glo op verkenningstogte na reservate en plase gegaan. Hy het glo gif in kos gesit en dit vir veiligheidswagte by die reservate as ʼn geskenk gegee.

Ras, ʼn professionele jagter, is een van 10 mense wat tereg staan op aanklagte wat verband hou met die stroop en verminking van renosters. Die beskuldigdes staan tereg op 318 aanklagte waaronder diefstal, onwettige renosterjag en die besit van 84 renosterhorings.

Die beskuldigdes was glo by 13 gevalle van stropery betrokke waartydens 24 renosters geskiet is. Van die renosters is met M99, ʼn veeartseny-verdowingsmiddel, geskiet en het hieraan beswyk.

Ras se vrou, Trudie, het na bewering die betalings en verblyfkostes vir stropers gereël. Ses van die beskuldigdes is vroeër op borgtog vrygelaat. Ras se borgtogaansoek is uitgestel.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pierre Celliers ·

Smyt almal agter tralies en laat hulle lewenslank sit, die gemors!!!!

rene ·

die gemors en almal saam hom sluit almal toe en gooi die sleurtel weg !!!!

Bruno Stef ·

Hoe pragtig staan die Entrepeneurs in n ry. Die eerste ou lyk vir my of hy lekker gulsig kan wees as hy die dag wil. Ek het geen simpatie vir julle nie hoop net dat almal goed van hulle besittings en geld gestroop word en n stewige paar jare gaan sit.Dit was pragtige diere wat deur julle onbeteulde inhaligheid verwoes is en kry vir julle.

Petrus van Eeden ·

Tog jammer dat die doodstraf afgeskaf is. Wat my betref kon hulle almal die strop gekry het!

Benito Odendal ·

FOLLOW THE MONEY……hierdie skobbejakke is die klein vissies !!!!

SNEL ·

Hoop daar word n voorbeeld van die skuim gemaak. Dis skandelik dat mense van Suid Afrika hulle eie pragtige diere waarop ons trots is en wat deel is van ons land en sy mense so uitmoor en dit vir geld. Hoop regtig daar word baie streng teen die komp opgetree, ons moet ons land en dit wat eie is aan Suid Afrika oppas en koester. Ons het so pragtige land, die mooiste berge , riviere, see,klimaat… en die groot vyf. Dis ons trots, dis wat Suid Afrika spesiaal maak, ons as landsburgers moet dit oppas en nie vernietig nie, daar moet geen genade wees vir mense wat Suid Afrika van sy skatte beroof nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.