‘Renosterstroper’-broers hoor oor borgtog

Argieffoto

Die Groenewald-broers wat Donderdag in hegtenis geneem is nadat Interpol ‘n internasionale lasbrief bekom het, het Vrydag in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Dawie en Janneman Groenewald, wat in 2014 in Amerika aangekla is ná hul renosterjagtogte aan Amerikaanse jagters verkoop het, word van geldwassery en bedrog aangekla.

Brig. Vishnu Naidoo het aan Maroela Media bevestig Dawie is op borgtog van R50 000 vrygelaat en Janneman op borgtog van R10 000.

“Daar is geen borgvoorwaardes gestel nie. Ons het wel Janneman se paspoort afgeneem. Dawie se paspoort is al op ʼn vorige geleentheid afgeneem,” het Naidoo gesê. Die saak is tot 14 Augustus uitgestel om die uitleweringsondersoek af te handel. Die broers kan daarna moontlik aan die VSA uitgelewer word.

Maroela Media het vroeër berig Dawie en Janneman het glo tussen 2005 en 2010 jagters by Amerikaanse jagkonferensies en wapenskoue gewerf. Janneman het in dié tyd in Alabama in Amerika gewoon. Hulle het glo aan die jagters gesê dat die renosters doodgemaak moet word, aangesien dit “probleem-renosters” was. Daar is ook aan die jagters gesê dat hulle om regsredes nie die horings mag hou nie, waarna die broers dit glo op die swartmark verkoop het.

Dit het aan die lig gekom dat Dawie voorheen beboet is nadat hy onwettiglik ʼn luiperdkarkas ingevoer het. Volgens ʼn verklaring op die Amerikaanse departement van justisie se webwerf is Groenewald in April 2010 met $30 000 (destyds sowat R220 000) beboet. Hy het agt dae agter tralies deurgebring en was vir twee en ʼn half maande onder huisarres.

Daar word na 11 onwettige jagtogte verwys in die stukke wat by die Amerikaanse federale hof ingedien is, insluitend een waar ʼn renoster doodgeskiet moes word nadat hy herhaaldelik gewond is met ʼn boog, en ook ʼn ander jagtog waar Dawie ʼn kettingsaag gebruik het om die horing van ʼn verdoofde renoster te verwyder nadat hy met ʼn verdowingsgeweer gejag is.

Dawie en sy vrou, Sariette, is in September 2010 saam met nog nege mense in Suid-Afrika in hegtenis geneem in verband met renosterstropery. Dawie is op borgtog van R1 miljoen vrygelaat en sy vrou op borgtog van R100 000. Hulle het verlede week weer in die hof verskyn in verband met dié saak en dit is vir die soveelste keer uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Maya Roon Joubert ·

Hulle altwee moet verdoof word en hul horings afgesny word – kyk hoe lewe hulle voort en Mev. Swanepoel? Rêrig? Moet jou kinders toekyk watse gewetenlose mens jy is!?

Koos ·

Wat het van daai Kruger park veearts se saak geword. Was hy nie ook betrokke by die saak nie. Maroela media , ons wil graag weet hoekom Douw Grobler so vry rond paradeer.

Pieterlewismuts ·

n Donkie stand nie sy pool twee maal teen dieselfde klippe nie, maar.domonnoseles doen dit keer op keer op keer.
Nou moet hulle maar voel ook.

AP ·

geen borg hulle moet klippe kap .. gulsige mense hoort nie op straat nie

Piet ·

Met groot “fanfare” is hulle op Musina gevang en op die voorblad van elke koerant gebrandmerk as “poachers”, tog kon die staat nie ‘n saak teen hulle bewys nie en het die vervolgingsgesag eintlik soos gewoonlik sy eie naam met ‘n plank geslaan. Die groenes is baie suur daaroor en kla hulle nou vir die selfde goed aan in die VSA. MM probeer ook hard om die berig te skryf met soveel sensasie as wat hulle kan. Dit is egter algemene praktyk om die horings met ‘n ketting saag te sny, hoe anders sny mens dan ‘n dier se horing? As mens nie die goed onthoring nie sal die slagting net so hande uitruk soos huidiglik in die SA parke. Groenewald het ook nie gelieg toe hy se dat hulle nie die horings mag vat nie, dit is wel teen Cities regulasies. Dit was dan ook bewys dat hulle hulle eie renosters gejag het, so die stopery was ‘n wolhaar storie. Wat wel gaan gebeur is dat die Groenes hulle finansieel gaan uitroei, die ironie gaan wees dat hulle op geen stadium ‘n saak teen hulle gehad het nie.

Ashlee ·

Waarom word hofsake telkemale vir jare uitgestel in Suid Afrika? Kan iemand dalk verduidelik? Afgelope 25 jaar het ek al menige jury duty moes doen hier in die VSA, en hofsake word vinnig afgehandel.

J ·

Renoster stropery is walglik en ek raak so kwaad as ek daavan hoor. Maar plaasaanvallers betaal R5000.00 borg maar Renoster stroper betaal n miljoen borg.

Koos ·

Jaco , in watter planeet woon jy? Kom ek assisteer jou met info. Sommige renosters word gepyl en lewendig van hul horings gestroop. Wie mag skedule8 meds aankoop? Wie vlieg die tjoppers? Wie is gekwalifiseerde wild veeartse wat weens bedrog in hegtenis geneem is. Maar Maroela en al die fans wat op wildvang ekspidisies uitgeneem is nou tjoepstil. Pampoene op die dak horings oppie stoep……,nê? Ek vra weer wat het van Douw Grobler se saak geword of het sy dosiere ook” verdwyn “? Mense dreig ander graag met die dood ….

Hennie ·

Dis ongelooflik en onverstaanbaar dat belangrik sake so lank neem om afgehandel te word.

Frik ·

Ek glo dit nie. Borg is in 2010 toegestaan en dis noe 2017 en die saak is nog nie afgehandel nie? Daar is GROOT fout met ons regstelsel. Geen saak moet meer as 3keer uitgestel word asook dat dit binne 3maande afgehandel moet word. Hierdie lyk vir my soos n ander “misdaad” met baie op die soustrein en GEEN produktiwiteit?

Chaparel ·

As al die wilde diere bedreigde of onbedreigde diere so afgemaai word dan bestaan daar oor n tyd geen diere meer nie en kan ons hulle bekyk op fotos en video. Om te dink dit alles draai maar net om geld en nog meer geld. Skande man.

Koos ·

Dankie Jacques Venter, een wakker man op die blad.
Ja en daardie pyle, waar koop mens hulle aan dis mos spesialis veld daardie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.