Renosterstroper doodgeskiet; makkers vas

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

ʼn Vermeende renosterstroper is doodgeskiet en sy twee makkers is in hegtenis geneem in die Krugerwildtuin.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn veldwagter het omstreeks 05:00 Woensdagoggend in Skukuza skote gehoor waarna hy hulp ontbied het. Die veldwagter en sy kollegas het hierna die gebied gefynkam en op twee renosterkarkasse afgekom.

Volgens Mohlala het die veldwagters voortgegaan om die gebied te fynkam en het hulle sowat 1km verder op drie vermeende stropers afgekom. Die veldwagters het een van die stropers doodgeskiet en twee in hegtenis geneem.

Bongani Thabethe (26) en Skhunbuzo Ndlovu (21) het Donderdagoggend in die periodieke hof in Skukuza verskyn op aanklag van renosterstropery, poging tot moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Die saak is uitgestel tot 21 Januarie.

Volgens Mohlala is daar op ʼn .458-jaggeweer, ʼn byl en twee renosterhorings beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mathys Doman ·

Ek het vroeër die week na Freek Robertson se pgm op die TV gekyk oor renosterstropery in Kruger-wildtuin. Die SA- regering het nie wil om dit te stop nie en vir die Mosambiek-regering pas dit; daar is florerende stroper gemeenskappe aan Mosambiek-kant vd Kruger-wildtuin. Die regering krap mekaar se rug.

Paul ·

Die sukses van die oefening was maar 33%, die wildbewaarders moet leer skiet. Waarom die moeite doen om renostermoordenaars gevange te neem, volgende week is hy uit op borg en dan moor hy weer.

Theresa ·

Julle mors tyd en geld. Skiet almal die 1ste keer dood. Waarvoor word hulle gevang? Speel vir tyd – word vrygelaat – doen dit weer.
Urgh!

Carel ·

Goeie werk skiet hulle die ouens kry nie genoeg dank nie – maar ek stem saam met Theresa hulle moet sommer die hele groepie uitdun as hulle hulle tee kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.