‘Renosterstroper’ in Krugerwildtuin doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende renosterstroper is in die Krugerwildtuin doodgeskiet, het die polisie in Limpopo Sondag gesê.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, het gesê daar het Saterdag ʼn skietery tussen SANParke-veldwagters en drie mans uitgebreek.

“Die veldwagters het die drie mans in Punda Maria opgemerk en beveel om stil te hou. Die mans het glo op die veldwagters losgebrand en die veldwagters het teruggevuur,” het hy gesê. Een van die mans is op die toneel dood en nog ʼn man is in die knie en kuit gewond.

“Die ander verdagte het homself oorgegee en is in hegtenis geneem. Ons het op ʼn jaggeweer, ʼn byl, ʼn mes en drie selfone beslag gelê,” het hy gesê. Volgens Mulaudzi het die oorledene ʼn Mosambiekse weermaguniform aangehad terwyl die ander twee SANParke-drag aangehad het.

Die twee verdagtes sal onder meer tereg staan op aanklagte van renosterstropery, poging tot moord, betreding en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Klik hier om vorige berigte oor renosterstropery te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.