Renosterstroper in KZN geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende renosterstroper is Maandagmiddag in die Phinda-wildreservaat in Hluhluwe, KwaZulu-Natal geskiet en gewond.

“Die man en twee medepligtiges het omstreeks 16:30 die reservaat betree,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die polisie is ontbied. Die verdagtes het op die beamptes losgebrand toe hulle op die toneel gekom het. Die polisie het teruggeskiet, en die man gewond.”

Die gewonde verdagte is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Die twee ander verdagtes is in hegtenis geneem. “Die polisie het beslag gelê op ʼn 308-jaggeweer, ammunisie en ʼn byl.”

Al drie verdagtes, tussen 31 en 55 jaar oud, sal na verwagting Dinsdag in die Hluhluwe-landdroshof verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van die onwettige jag van renosters, en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

zahn ·

As ons so aangaan, sal die boodskap dalk binnekort uitkom, hou op stroop! Persoonlik sou ek meer daarvan gehou het as die ander twee ook gewond was, maar hulle was natuurlik te bang gewees..Mooi manne, my kleinkinders wat nog gebore moet word, is julle baie dank verskuldig!

anet ·

Ek wonder waar hulle aan die 308-jaggeweer gekom het ? Plaasmoord of by die Polisie arsenaal?
Vra maar net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.