Renosterstroper lank agter tralies

Argieffto: LekkeSlaap

Die streekshof op Skukuza het ʼn 39-jarige man 33 jaar en drie maande effektiewe tronkstraf opgelê op aanklagte van betreding, renosterstropery, vier aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en vier van poging tot moord.

In die hof is getuig hoe Patrick Nkuna, ʼn onwettige immigrant, op 19 November 2015 die Pretoriuskop-omgewing van die Krugerwildtuin onregmatig binnegegaan het. Daar het hy ʼn swart renoster doodgeskiet, sê Monica Nyuswa, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Mpumalanga.

ʼn Veldbewaarder het hom raakgesien kort nadat hy die dier gestroop en ook op ʼn helikopter geskiet het. “Die beskuldigde is eindelik aangekeer nadat die helikoptervlieënier daarin geslaag het om stadiger te vlieg,” sê Nyuswa.

Tydens die verhoor het adv. Ansie Venter, die staatsaanklaer, ʼn helikoptervlieënier se getuienis gelei en bewyse voorgelê van die lemme van die helikopter wat tydens die skietery beskadig is.

Die beskuldigde is skuldig bevind op 11 aanklagte teen hom.

Nyuswa sê die NVG verwelkom die skuldigbevinding en vonnisoplegging en hoop dit sal as afskrikmiddel vir voornemende stropers dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

christa ·

wel gedaan. Lekker sit agter tralies en bou nou maar jou lugkastele van hoe jy stroop.

leser ·

wie gaan uiteindelik betaal vir die “lemme”, dis ook nie van die goedkoopste nie

Gert ·

Die probleem met die regstelsel is parool. Hy gaan nie al die tyd in die tronk deurbring nie. wat verkeerd is. Hy moet lewenslank kry vir wat hy gedoen het sonder enige opsie van parool.

Karolis ·

Die probleem met die stelsel volgens my is dat jy nie vergoeding ontvang vir die skade wat jy gelei het nie.

Johan H. ·

As jy n mens geskiet het. Dan was jy al uit op parool. Lekker man lekker!

Gert ·

Die punt is
skiet eerder n man wat n renosterhoring besit en as jy gevang word kry jy 25jaar en nie 33jaar.
Daais wakker. Lekker land die

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.