Renosterstroper swaar gestraf

Argieffoto

Argieffoto

‘n Renosterstroper is in die Nelspruit-landdroshof in Mpumalanga tot 77 jaar tronkstraf gevonnis.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê Mandla Chauke is in 2011 in hegtenis geneem. Hy en twee makkers is in die suidelike gedeelte van die Krugerwildtuin betrap nadat veldwagters geweerskote gehoor het.

Chauke en sy makkers het ‘n renosterkoei, -bul en –kalf doodgeskiet. “Die koei en die kalf was gewond maar het nog geleef. Hulle het in hul eie bloed gelê en versmoor. Die volwasse bul is noodlottig gewond,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die NVG, in ‘n verklaring gesê.

‘n Skietgeveg het tussen die verdagtes en veldwagters uitgebreek. Chauke en een van sy makkers is gewond. Die gewonde man is later in ‘n hospitaal oorlede. Die derde verdagte het ontsnap en word steeds gesoek.

Chauke is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis in verband met die dood van sy medepligtige, agt jaar vir die steel van renosterhorings, 15 jaar vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen, sewe jaar vir die onwettige besit van ammunisie, twee jaar vir betreding en 30 jaar vir die stroop van die renosters.

Chauke sal effektief ‘n vonnis van 47 jaar tronkstraf uitdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Hoe wreed kan “mens” wees !

Geen respek vir die Skepping.

Liefde vir geld en muti – sit jong, sit sommer baie lank.

Trippie ·

Merk alles wat ek met jou gesels word voor die voet verwyder.

Johann, hierdie stropers is genadeloos. Dis so hartseer om te lees hoe die diere afgemaai word, halfdood gelaat, dis so onmenslik.

Die horings word gebruik om muti te maak, en dan natuurlik ontvang hulle ook groot bedrae geld vir die horings.

Is jy met my op die een – ek hoor baie graag jou mening.

Trippie ·

Johann – my antwoord is sekerlik weer verwyder.

Ek het geen genade vir hierdie diere-moordenaars nie, dis absoluut onmenslik.

Laat weet wat jou gedagtes is daaroor.

Groete

schalla ·

nou sit hy gerieflik versorg in die tronk op belastingbetalers se swaar verdiende geld, doen met hom presies dieselfde as wat hy aan die renoster gedoen het!!!!

Henk ·

Ek is ‘n ernstige vegter teen die stroop van renosters en olifante. Ek is dankbaar dat hierdie man 77 jaar tronkstraf gekry het.
MAAR ek het ‘n probleem met ons siek regstelsel waar ‘n man 77 jaar tronkstraf kry omdat hy ‘n renoster gestroop het en in dieselfde week kry ‘n man wat ‘n kind verkrag het en ‘n ander wat ‘n mens vermoor het, 10 jaar gevangenisstraf.
Is dit realisties? Moet die land se howe nie bietjie hand in eie boesem steek en uitvind of hulle nie dalk die oorsaak is dat misdaad in die land so hoog is nie?

Marietjie ·

Trippie – dit is onmenslik – want hulle is nie mens met ‘n binneste, gewete en gevoel nie. Ek wens daar kon aan hulle dieselfde gedoen word, maar hulle het mos “menseregte”.

Belinda ·

Ja wel vir so vark sal ek maar onderhou vir die volgende 47 jaar ons kan maak en doen net wat ons wil niks sal verander nie en die doodstraf sal beslis net n droom bly vir ieder en elk van ons…………….en ja Henk ek verstaan wat jy bedoel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.