‘Renosterstroper’ vas ná skietery met polisie

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Vermeende renosterstroper is oor die naweek in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem ná ʼn skietervoorval met verskeie eenhede van die polisie.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die Durbanse eenheid teen georganiseerde misdaad, die misdaadintelligensie-eenheid, die Nyathi teenstropery-eenheid en spesiale taakmaglede het Saterdag omstreeks 18:00 ʼn roetine-patrollie in die omgewing van die Zululand-renosterreservaat gedoen toe die verdagte opgemerk is.

“Die lede het die man probeer aankeer en hy het glo op hulle geskiet. Die polisie het teruggeskiet en hom gewond,” het Zwane gesê. Die verdagte kon daarin slaag om van die toneel te vlug, maar is later  opgespoor en in hegtenis geneem. Hy is onder polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

“Daar is ʼn ongelisensieerde jaggeweer en ʼn 9 mm-pistool in sy besit gevind. Die polisie het daarop beslag gelê en dit vir ballistiese toetse gestuur.”

Die 45-jarige verdagte moet binnekort in die Ubombo-landdroshof verskyn op aanklagte van betreding, die rig van ʼn vuurwapen, renosterstropery en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Winston ·

Stel vas waar kom die wapens vandaan. Puik optrede net swak skuts.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Stel vas waar kom hy vandaan en aan wie verkoop hy die horings

Sarie ·

Goeie nuus -s net jammer met ons regstelsel sal hy binnekort vrygelaat kan word weens te min bewyse teenhom of die dossier word as “verlore of onvolledig” aangegee. Laat hom ‘n renoster hok by die dieretuin skoonmaak.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Nee Sarie ek dink nie so nie onwetigge besit van a vuurwapen en ameniesie en rig van a vuurwapen op SAP lede en afuur is a grootte hy sal sit hys vas

scalla ·

Hy is net gekwes, daar is niks met sy stem verkeerd nie, laat hy sing soos n kannarie en al die inligting uitbring aangaande hul doen en late

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.