Renosterstroper weer aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 43-jarige verdagte wat in 2015 vrygelaat is op borgtog maar nie by daaropvolgende hofverskynings weer opgedaag het nie, is weer aangekeer en het vandag in die Pinetown-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn.

“Lede van die provinsiale spoorspan het in November 2011 onverpoosd gewerk om die verdagte aan te keer in verband met die jag van renosters en die besig van renosterhoring ter waarde van R100 000,” het lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Suraj Rampersad is uiteindelik in hegtenis geneem en in later in 2015 vrygelaat op borgtog. Hy het egter nooit weer vir hofverskynings opgedaag nie.”

ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik en Rampersad is uiteindelik in Newlands-Oos opgespoor toe hy geld by ʼn kitsbank onttrek het.

Hy het Donderdag in die Pinetown-landdroshof verskyn op aanklag van onwettige renosterjag, bedrog en die besit van renosterhorings. “Sy saak is uitgestel tot 2 Augustus vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding,” het Zwane bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lance ·

Net nog n bewys ….al die wette in die wereld ….maar geen tande nie ….wat n joke van n regbank en die toepassers van die wet ….SKRIK OM JIMMELS NAAM BQ WAKKER !

Tiger ·

Lance jy vra nou te veel in hierdie reenboogland!Regters laat die grootste kriminele links en regs uit op ‘n paar rand borg.Dis belaglik.

Kleintjie ·

Sluit die vieslike gierigaard lewenslank toe en gooi die sleutel in die diepte van die diepste see.

Jopie ·

Met ons state-of-the-art regstel is hy seker alreeds weer uit op borg!

Connie ·

Want die mense wat moet sien dat ons en die diere veilig moet wees LEER nie. Die grysstoffies ontbreek.

Karma ·

Sny sý horing en alles wat daarmee saamgaan af – hy sal nooit weer in staat wees om ‘n enkele renoster te stroop nie – sy (piep) stemmetjie sal te hoog wees en renosters hoor glo “high pitched noises” baie goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.